Internasionale Ruimtestasie moes koes vir ruimterommel

Die Internasionale ruimtestasie (Foto: NASA)

Die Internasionale ruimtestasie (Foto: NASA)

Die internasionale ruimtestasie wat 400 kilometer bo die aardoppervlak wentel, moes ’n klein koersaanpassing maak om ’n moontlike botsing met ruimterommel te vermy. Daar is op die oomblik ses bemanningslede aan boord.

Die nuus is deur die beheersentrum in Moskou aan die Russiese nuusagentskap Tass gedoen.

Dit blyk dat soortgelyke maneuvers al ook in die verlede gedoen moes word om dele van satelliete te ontduik.
Bron: De Standaard

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

johan ·

Baie interesant, hoeveel brandstof sal dit neem om hom te skuif en hoeveel het ISS aan boord wonder ek?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.