Japannese stel laser voor teen ruimterommel

Kunstenaarsvoorstel van ruimterommel Grafika: isgtw.org

Kunstenaarsvoorstel van ruimterommel Grafika: isgtw.org

Navorsers van die Riken-navorsingsinstituut van Tokio, het voorgestel dat die probleem van ruimterommel aangespreek word deur gebruik te maak van laser wat deur fyn optiese kabel gerig word. Die ruimterommel sal deur ’n teleskoop op die Japannese komponent van die Internasionale Ruimtestasie opgespoor word.

Die navorsers meen die metode sal die rommel genoegsaam rem dat dit terug in die aarde se atmosfeer val en uitbrand.

Hul bevindings is in die jongste uitgawe van Acta Astronautica gepubliseer.

Volgens ’n Nasa-berekening was daar verlede jaar reeds meer as ’n halfmiljoen stukke ruimterommel so groot soos albasters of groter om die aarde, en trek hulle teen ongeveer 25 000 km/h.

Bron: Christian Science Monitor

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.