Japannese tuig sal binnekort Venus-geheime ontrafel

Grafika: : JAXA

Grafika: : JAXA

Die Japannese Akatsuki-tuig sal teen die middel van April gereed wees om met sy ondersoeke na Venus te begin.

Akatsuki sal veral ondersoek instel na Venus se atmosfeer en klimaat, en probeer vasstel hoekom ’n planeet wat miljarde jare gelede moontlik ’n soortgelyke klimaat as die aarde gehad het, nou so heeltemal ongenaakbaar is.

Die tuig is tans in die proses om die instrumente een vir een aan te skakel en baie basiese waarnemings is reeds suksesvol gedoen.

Akatsuki is in 2010 gelanseer, en het kort na sy lansering by Venus aangekom, maar sy vuurpyle wat hom in ’n wentelbaan om die planeet moes plaas, het geweier en die tuig het in ’n baan om die son beland. Ná vyf jaar het Akatsuki egter weer naby genoeg aan Venus gekom dat die Japannese Ruimte-organisasie kon improviseer en die tuig met sy stuurvuurpyle in ’n wentelbaan om Venus kon plaas. Sedert Desember is aanpassings aan die wentelbaan gemaak om dit op ’n bruikbare hoogte te kry.

Akatsuki sal dus nou veel hoër wentel as wat die aanvanklike plan was, maar die Japannese glo dat die meeste van hul beoogde navorsing steeds gedoen kan word.

Lees meer: Space.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Theuns ·

Hallo Herman. Jou kommentaar oor Sterre en Planete is fantasties en “Ontvlugting vir my siel” as werksdruk te veel word of as die politiek van die dag te ontsmaaklik word. Elke dag word daar meer en meer uitgeving oor God se “Mindblowing Skepping” Een ding is seker met die Skepper se Wiskunde was daar nie fout nie. Daar is so baie dinge wat ek graag wil weet maar die lewe is so kort! Een van die eerste dinge wat ek God eendag sal wil vra is hoekom hy alles so ver (lig jare) van mekaar af gemaak het. Is dit moontlik omdat Hy wil he dat die mens se Geestelike en ligaamlike ontwikkeling saam met die bemagtiging van tyd en afstand moet plaasvind? Ek hoop ook wetenskaplikes sal in my tyd kan bevestig of daar ander lewe in die skepping is. My sesde sintuig se vir my daar is. Baie Dankie vir jou komentaar. Groete.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.