‘Japanse ooievaar’ voed ruimtestasie

Die Wit Ooievaar word gelanseer. Foto: Nasa

Die Wit Ooievaar word gelanseer. Foto: Nasa

Agt dae nadat ’n Russiese vragruimteskip wat kos en ander voorraad vir die internasionale ruimtestasie moes neem kort ná opstyging ontplof het, het ’n Japanse vragskip na die ruimtestasie vertrek.

Daar is meer as vier ton kos en ander voorraad aan boord van die Japanse tuig wat deur ’n H-IIB-vuurpyl die ruimte ingeneem is. Die vragtuig staan as die Kounotori bekend, wat “wit ooievaar” beteken.

Bron: NewAtlas

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

zahn ·

Is julle nou baie seker dis nie rassisties om die “wit” gedeelte te noem nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.