Jupiter het nou (minstens) 69 mane  

ʼn Montage van Jupiter en vier van sy mane soos deur Voyager geneem. Dié mane is Io, Europa, Ganymede en Callisto (Foto: Nasa)

Drie sterrekundiges verbonde aan twee Amerikaanse universiteite op soek na Planeet X het hul teleskoop só ingestel dat hulle die verlore planeet met Jupiter as voorgrond, en die omgewing van Planeet X as agtergrond, kon gebruik. In die proses het hulle nog twee mane van Jupiter opgespoor.

Dié sterrekundiges het ook mane herontdek wat reeds in 2003 ontdek is, maar weens te min inligting oor hul bane verlore gegaan het.

Nog nege van die verlore mane word nog gesoek en dit is moontlik dat Scott Sheppard, David Tholen en Chadwick Trujillo nog van die verlore mane, of heeltemal nuwes, kan ontdek terwyl hulle na Planeet X soek.

Die twee nuwe mane is onderskeidelik 21 miljoen en 24 miljoen km van Jupiter af geleë en is elkeen sowat 1,6 km in deursnee.

Dié ontdekkings bring die aantal mane wat om Jupiter wentel nou op 69 te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Director Krennic ·

Daar is ‘n oseaan onder die eksterne yslaag op Europa (een van Jupiter se mane) wat 100km diep is (diepste deel van ons eie oseaan is in die Mariana Trog – amper 11km diep oftewel 11% van Europa se oseaan). Daar is heel waarskynlik lewe wat daar rondswem – daar is interne hitte wat gegenereer word deur reuse getygolwe agv Jupiter se intense swaartekrag wat ‘n impak op die maan het soos hy om die reuse planeet wentel (selfde gebeur hier ook maar op ‘n baie kleiner skaal).

Dit beteken die toestande vir lewe onder daardie ys is uiters gunstig…..

**Onthou enige iemand nog Arthur C. Clarke se boek “2010 Odyssey Two” so om en by in 1984 vrygestel? Daar was ook ‘n briljante rolprent met dieselfde titel in dieselde jaar wat die boek vergesel het – albei natuurlik die opvolg op sy meesterlike werk “2001”. (saam met Stan Kubrick in 1968)… hy het onder meer in “2010” Europa reeds uitgesonder as ‘n potensiële bron van lewe in die Joviaanse stelsel…….Clarke was ‘n genie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.