Kepler ontdek nege bewoonbare planete

Kunstenaarsvoorstel van planetêre ontdekkings deur die Kepler-teleskoop Grafika: NASA/W. Stenzel

Kunstenaarsvoorstel van planetêre ontdekkings deur die Kepler-teleskoop Grafika: NASA/W. Stenzel

Die Kepler-ruimteteleskoop het nog 1 284 eksoplanete gevind, waarvan nege volgens hul grootte waarskynlik rotsplanete is en in hul onderskeie sterre se bewoonbare sone wentel.

Met die jongste aankondiging is die totaal bevestigde eksoplanete nou meer as verdubbel. Die nuwe planete het almal aan die kriteria van minstens 99% sekerheid voldoen.

Nog sowat 1 300 kandidaatplanete is geïdentifiseer wat nie die 99% sekerheidsgrens kon behaal nie.

Paul Hertz, NASA se hoof van astrofisika sê dat voor Kepler gelanseer is, was wetenskaplike onseker of eksoplanete skaars, of volop sou wees. Danksy Kepler is dit nou bekend dat daar meer planete as sterre in die Melkweg kan wees.

Lees meer: NASA

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Ruimte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Theuns

Dit is nou goeie nuus. As ‘n mens na die skepping van GOD kyk, kan ons nie alleen in die heelal wees nie. Die sterrekunde is my passie. Net jammer die mense se lewe is so kort! As dinge net viniger kon gebeur en die verskriklike afstande net gouer oorkom kon word. Die spoed van lig wat vir ons mense kinders duiselwekend is is terme van die heelal hopeloos te stadig. As daar maar net ‘n Alien Tegniese Span “engineers” vir ons wil kom kuier en vir ons die inligting (bloudruk) gee om viniger as Lig te vlieg!!

Theuns

Ekwllibruim, Jy is n man na my hart. Kan ek saam met jou vlieg? Groete. Theuns.

Theuns

Ek hoop nie ons loop ‘n Swart Gat raak nie!

Theuns

Kyk nou net hoe lees die man tussen die lyne. Mooi man!

Graeme

Die ontdekking van ‘n tegniese beskawing (of beskawings) ver meer gevorderd as ons jong beskawing (4 of 500 jaar?) sal die einde van die meeste godsdienste op hierdie planeetjie beteken – en soos ons tegnologie meer verfynd word, verhoog dit die moontlikheid dat so ‘n ontdekking binnekort gemaak sal word. Hul sal eenvoudig wegsmelt soos sneeu voor die warm son. Die idee dat die sogenaamde “kroon” van die skepping onttroon is, sal egter moeilik gesluk word deur die slapende massas. Hul sal egter nie ‘n keuse hê nie. Aan die ander kant – miskien is dit hulle wat ons sal… Lees meer »