Die Keplerruimteleskoop, wat as die eksoplaneetjagter bekend staan omdat dit meer as die helfte van die bekende eksoplanete ontdek het, is weer vlot gemaak nadat dit tegniese probleme ondervind het.
Die teleskoop het ruimtebeheer laat weet dat dit in sy nood-modus ingegaan het.
Wetenskaplikes het dadelik begin skarrel om die toerusting van meer as $600 miljoen weer vlot te kry. Die probleem is dat Kepler nou so ver van die aarde is dat dit dertien minute vir ’n sein van die aarde neem om die tuig te bereik en na die aarde terug te keer.
Die oorsaak van die jongste probleem kon nog nie vasgestel word nie.
Kepler het voorheen ook buite beheer geraak toe ’n vliegwiel wat die tuig in ’n posisie gerig moes hou, opgehou draai het. Wetenskaplikes het toe ’n manier gevind om die sonwind in te span om die teleskoop sekuur gerig te hou.
Lees meer: Christian Science Monitor, Space.com
Hoe vêr is kepler dan, kan dit al 13 lig minute wees! Ek was onder die indruk (duidelik verkeerd) dat hy staties is soos Hubble. Dankie weer Herman.