Komeet en Rosetta nader naaste punt aan die son

Argieffoto

Argieffoto

Die komeet 67P wat die afgelope jaar deur die Rosetta-tuig van die Europese Unie gevolg word, sal Donderdag 13 Augustus sy naaste draaipunt om die son bereik, voordat dit weer op ’n baan van byna sewe jaar ver van die son af vertrek.

Komeet 67P/Churyumov–Gerasimenko word al hoe meer aktief namate dit nader aan die son beweeg, wat dit vir die beheerkamer van die Rosetta op aarde al hoe moeiliker maak om die tuig naby die komeet te hou. Dit raak onder meer moeilik om sekere sterre sigbaar genoeg te hou vir navigasie weens die baie gas en stof wat die komeet nou afgee, en daarom beweeg die Rosetta nou weer verder van die komeet.

Die Europese Ruimteagentskap het onlangs die vernaamste bevindinge gepubliseer van ’n wetenskaplike ontleding van data sedert Rosetta se landingstuig, Philae, in November verlede jaar op die komeet geland het. Dit sluit die aanwesigheid van komplekse molekules in wat sleutelelemente vir lewe bevat.
Christian Science Monitor
ESA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.