Konstruksie aan wêreld se grootste optiese teleskoop begin

So sal die ELT lyk (Foto: ESO)

Die eerste sooie is gespit vir die wêreld se grootste optiese teleskoop, bekend as die Extremely Lage Telescope, of ELT.

Die ELT sal vyf keer so sterk wees soos enige ander soortgelyke teleskoop en die spieël het ʼn deursnee van 39 meter. Dit word in Chili in die middel van die Atacama-woestyn op ʼn hoogte van 3 000 m bó seespieël opgerig.

Die plegtigheid is waargeneem deur die Chileense president, Michelle Bachelet, wat gesê het dié ontwikkeling bied nie net nuwe geleenthede vir sterrekunde nie, maar  groot moontlikhede vir die wetenskap in geheel. Die teleskoop sal benewens die soektog na eksoplanete, ook moontlik kan help om die atmosfeer van sommiges te bepaal.

Die klimaat en ligging van die Atacama-woestyn word as ideaal vir sterrewagte beskou en na verwagting sal tot 20% van die wêreld se astronomiese infrastruktuur teen die 2020’s in dié woestyn gesetel wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

MCH ·

Dis verblydend dat daar nog geld bewillig word vir sulke groot navorsingsprojekte.

zahn ·

Die hele SA is ‘n navorsingsprojek, die guptas kyk in hoe kort tyd hulle ons kan besteel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.