Dit gebeur net enkele kere per eeu dat Mercurius voor die son verbytrek. Die waarneming daarvan is soortgelyk as een van die maniere waarop eksoplanete ontdek word.
Suid-Afrikaners kan van 13:00 af regstreeks volg hoe die son se naaste planeet voor die geel skyf verbybeweeg. Die opname word deur SLOOH-sterrewag gedoen. Die planeet se oorgang duur sowat sewe ure.
Bron: Astronomy.com