Luister: Só sê kenners oor nuwe planeet

'n Kunstenaarsvoorstelling van die grootte tussen Aarde (links) en Kepler-452b Grafika: NASA/Ames/JPL-Caltech - NASA PIA19825 via Wikimedia Commons

‘n Kunstenaarsvoorstelling van die grootte tussen Aarde (links) en Kepler-452b Grafika: NASA/Ames/JPL-Caltech – NASA PIA19825 via Wikimedia Commons

ʼn Planeet wat talle ooreenkomste met die aarde het en ʼn veraf son-ster omwentel, is onlangs met Nasa se Kepler ruimteteleskoop ontdek. Wetenskaplikes meen dat dit die moontlikheid vir lewe op ander planete verhoog.

Die planeet, bekend as Kepler-452b is bykans 60% groter as die aarde en is ongeveer 1 400 ligjare ver in die sonnestelsel Cygnus geleë.

Jon Jenkins, ʼn ruimtekundige, sê die planeet is 1,4 miljard jaar ouer as die aarde. ʼn Jaar op dié planeet is 385 dae lank en die swaartekrag op die planeet is vyf keer sterker as dié van aarde. Jenkins sê hy vermoed die planeet is baie meer rotsagtig as die aarde en het ʼn hele aantal aktiewe vulkane. Hy sê vloeibare water, die sleutel tot lewe, kom ook op die planeet voor.


Professor Matie Hoffman van die Departement Fisika en Sterrekunde aan die Universiteit van die Vrystaat vertel meer oor die ontdekking.


Willie Koorts, ʼn sterrekundige van die Nasionale Sterrewag in Kaapstad, verduidelik die opgewondenheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johan ·

Julle fisikuste/wetenskaplikes maak my lag. 1.4 miljard jaar oud. Ha ha ha ha.

Johan 2 ·

Ek verstaan nie wat is snaaks nie Johan? Ek dink dis nogal indrukwekkend om dit te weet.

Willem ·

Dit wys net weereens hoe almagtig ons God is. Hy het die HELE HEELAL geskape, nie net die aarde nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.