Maanstene vir huise op die Maan

Die maanstene (Foto: ESA/ G. Porter)

Navorsers van die Europese ruimte-agenskap (ESA) het daarin geslaag om stene te vervaardig uit kunsmatige maanstof.

Die projek is deel van ESA se inisiatief om tegnologieë te ontwikkel wat toekomstige maankoloniste kan toelaat om voordeel te trek uit plaaslike hulpbronne op die maan. Dit beteken in beginsel dat stene van maanmateriaal eendag gebruik sal kan word wat op die maan self vervaardig is.

Die sterkte van die stene is glo gelykstaande aan dié van minerale gips.

Die stene is eerstens deur 3D-drukwerk gevorm, en toe in ’n oond wat van sonkrag gebruik maak teen 1 000 °C gebak.

Die tegnologie sal dit vir reisigers na die maan moontlik maak om veel goedkoper daarheen te reis omdat hulle nie nog die materiaal vir bouwerk ook moet saamneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

johan II ·

Is metale soos platinum volop op die maan? Ek sou so dink omdat goed wat daar val nie verweer en wegspoel nie?

MCH ·

Verbysterend! Met die maan se gravitasie is dit meer as voldoende. Dis n riem onder die hart dat organisasies steeds bevonds word om die klas navorsing te doen wat verseker gerig is op die toekoms.

ChrisH ·

Johan- Gee my asb n bewys dat dat daar nie ruimtereise was nie!

Hoekom wil iemand in elk geval op die maan gaan bly? On wat te doen?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.