Mars-landing: Onduidelikheid oor Schiaparelli-tuig

Schiaparelli met sy valskerm ontplooi (Grafika: ESA)

Schiaparelli met sy valskerm ontplooi (Grafika: ESA)

Die Europese Ruimte-agentskap het verklaar hulle het die Schiaparelli-tuig suksesvol op Mars geland, ondanks die tuig se radiostilte.

Ingenieurs het deurnag gewerk om die rede te soek waarom die tuig se sein nie enige boodskappe gestuur het, nadat dit Woensdag op Mars geland is nie.

Die Schiaparelli-tuig is deel van die Europese Ruimte-agentskap (ESA) se ExoMars-sending op Mars geland om wetenskaplike navorsing te doen. Maroela Media het vroeër berig die Schiaparelli verkry sy krag van sy eie batterye en sal hoogstens sewe Marsdae aktief wees. ’n Marsdag is ʼn paar minute langer as ’n dag op Aarde.

Die ESA analiseer tans data van ʼn ander ruimtetuig wat om Mars wentel (die Mars Express) om die toestand van die Schiaparelli te bepaal. ʼn Woordvoerder van ESA het egter gesê dit wil voorkom of dit “baie goed gaan’ met die tuig.

Voorlopige inligting van die radioseine wat die Giant Metrewave-radioteleskoop (GMRT) in Pune, Indië, ontvang het, dui daarop dat die Schiaparelli meeste van die stappe voltooi het tydens sy ses minuut lange landing deur die Mars-atmosfeer. Dit sluit in om deur die atmosfeer te rem, en die valskerm te ontplooi.

Teenstrydighede in inligting tussen dit wat die GMRT en die Mars Express ontvang het, word tans deur kenners by ESA se bedrywighede in Darmstadt, Duitsland, ontleed.

Lees meer: ESA
Volg die ESA Schiaparelli op Twitter

Hier volg ‘n grafiese voorstel van die landing:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.