Mars-raaisel vandag opgeklaar

'n Kunstenaarsvoorstelling van die kolonie op Mars (Grafika: Mars One)

‘n Kunstenaarsvoorstelling van die kolonie op Mars (Grafika: Mars One)

Nasa het bekend gemaak hy sal vandag ’n tergende geheim oor Mars tydens ’n nuuskonferensie opklaar.

’n Mediaverklaring gee egter geen aanduiding oor welke geheim nou opgeklaar word nie.

Van die media bespiegel dat Nasa gaan aankondig dat die teenwoordigheid van vloeibare water op Mars gevind is. Hulle lei dit af uit die name en spesialisvelde van die wetenskaplikes wat die nuuskonferensie gaan bywoon.

Dit is lank reeds bekend dat Mars eens vloeibare water gehad het, maar hier handel dit oor soutwater wat blykbaar steeds periodiek op die planeet se oppervlak vloei wanneer dit warm is.

Sommige media het reeds bespiegel dat Nasa se aankondiging met die vind van spore van lewe eens op die rooi planeet verband hou. Ernstiger publikasies ignoreer egter hierdie bespiegelings.

Gebruikers op sosiale media het geskerts dat Nasa dalk vir Mark Watney, ‘n fiktiewe karakter gespeel deur Matt Damon in die nuwe fliek, The Martian, gevind het.

Die verrigtinge word op Nasa se TV by http://www.nasa.gov/nasatv uitgesaai. Die uitsending begin 17:30 SA-tyd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.