Mars toe teen 1 000 km per sekonde!

Kunstenaarsvoorstelling van die laser, Q Zang

Kunstenaarsvoorstelling van die laser, Q Zang

Bemande ruimtetuie na Mars kan die rooi planeet binne ’n maand bereik, en piepklein satelliete kan na eksoplanete gelanseer word as Amerikaanse navorsers daarin kan slaag om die gaping tussen teorie en praktyk te oorbrug. Nasa stel baie belang in die konsep wat prof. Phillip Lubin van die Universiteit van Kalifornië, Santa Barbara, voorstel.

Die teorie is dat ruimtetuie met reuse seile deur sterk lasergedrewe protone wat van die aarde af gerig word, aangedryf word. Op dié manier kan ’n klein satelliet uiteindelik sowat ’n kwart van die spoed van lig haal en Mars binne drie dae haal, terwyl ‘n reuse bemande tuig met voorrade, Mars binne ’n maand en teen ’n snelheid van ’n 1 000 kilometer per sekonde, kan haal in plaas van die huidige vyf tot ses maande – met tegnologie wat eers in die volgende dekade beskikbaar sal wees.

Met die voorgestelde tegnologie kan eksoplanete egter ook binne ’n redelike tyd bereik word. Volgens Lubin is daar binne ’n radius van 25 ligjaar van die aarde ’n hele aantal eksoplanete wat verdien om ondersoek te word, asook soos hy dit stel, bewoonbare dinge.

Bron: Deepspace

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hannes Grobler ·

Wat ekke wil weet is hoe stop jy n satelliet, of ruimtetuig wat teen daai spoed beweeg?

Petrus ·

Met negatiewe versnelling d.m.v ‘n dryfkrag in die teenoorgestelde rigting, maar dit gaan nie nodig wees nie. Verder omwentel sateliete die aarde teen sowat 7000m/s, insluitende die IRS. So teen dardie spoed sal ‘n sateliet net mars omwentel en ‘n groot bemanningstuig die selfde doen, en ook dien as ‘n tipe tydelike IRS vir Mars.

Pietertjie ·

Goeie vraag daai: hoe stop mens daai gevaarte as hy eers op spoed is? Ek reken baie vragmotorbestuurders het al met die dilemma te doen gekry. Ek hoop ooknet nie die laserstrale brand gate in die ruimtevaarders se sitvlakke nie…

KLEIN ·

Hoop net nie die taxibedryf word aan hierdie spoed gekoppel nie. Dit is nou al genoeg.

Otter ·

Ek dink die EFF moet die voorreg hê om die eerste te wees om ‘n eksoplaneet te besoek.

Johan 2 ·

Ek dink dit sal uitstekend werk om ander sterre stelsels te besoek…maar vir Mars mors NASA alweer net tyd. Ons kon lankal n permanente teenwoordigheid daar gehaad het as hul nie soveel Star Trek vlieks gekyk het nie. Los die “Groot Tuig” idee, land n onbemande tuig wat brandstof op Mars maak, stuur 3 mense wat kan verken en terugkom met die eerste tuigie (Mars Direct, 1990s) “travel lite and live off the land”.

Williewerkie ·

Makliker gesê as gedaan. Die Heelal is vol baie klein metoriete wat in alle rigting teen geweldige spoed beweeg. Ons sien dit gereeld as “Verskietende Sterre” Hoe gemaak met so ‘n groot seil? Dit sal soos Ogiesdraad lyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.