Marstuig voltooi marathon

Grafika: space.com

Grafika: space.com

Die Opportunity-marstuig van Nasa het pas die volle afstand van ’n marathon op die rooi planeet voltooi. Dit het die tuigie 11 jaar en twee maande geneem om dié mylpaal te bereik.

Opportunity was voor sy jongste prestasie reeds die aardtuig wat die verste afstand op ’n ander hemelliggaam as die aarde kon aflê, en het die rekord van die Russiese Lunokhod 2 op die maan verlede jaar verbeter.

Sedert die aankoms van die meer gevorderde Curiosity op 6 Augustus 2012 op Mars, het die kollig weg van Opportunity geskuif, maar dié klein vasbyter het steeds voortgegaan om die mensdom te verstom.

Opportunity se grootste prestasie is egter dat dit ontwerp was om net drie maande “primêr” te werk toe dit in 2004 geland het. Enige tydperk daarna was ’n bonus. Die bonus was ook méér as ’n bonus, omdat dit in die langer periode meer bewyse gekry het dat daar eens vloeibare water op Mars was – onder veel meer gunstige en minder suur omstandighede as wat hy in sy eerste drie maande gevind het. Dit impliseer omstandighede wat meer geskik sou wees vir mikroskopiese lewe.

Bron: Nasa JPL, en Space.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pierre Celliers ·

Wat ‘n mors van biljoene dollar wat meer sinvol bestee kon word!!!

Pierre Celliers ·

……en hulle sal sorg, ten ALLE KOSTE, dat hulle altyd ‘n stappie voor is van die res van die wereld!! Gaan nie so seer oor ontdekkings en dies meer nie, maar dis uitsluitlik een groot tegnologiese! kompetisie !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.