Mediese sorg in die ruimte

Argieffoto (Pixabay)

Mediese sorg vir ruimtereisigers het onlangs aan die beurt gekom in ’n werksessie wat deur die Europese Ruimte-agentskap aangebied is.

Die program is gelei deur dr. Matthieu Komorowski van die Charing Cross-hospitaal.

Komorowski het daarop gewys dat ruimtereisigers enige van ’n groot verskeidenheid toestande kan opdoen wat met bestraling of min gravitasie verband hou, of bene weens ongelukke kan breek. Gewoonlik is daar beperkte mediese toerusting aan boord, en beskik die bemanning nie oor veel mediese opleiding nie.

Een van Komorowski se voorstelle is dat daar gesorg word dat al die lede van ’n sending, soos dié na Mars, tot dieselfde bloedgroep behoort sodat uitruilbaarheid maklik kan plaasvind.

Lees die volledige verklaring hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.