Meer as 700 wil ruimtereis onderneem

Unity van Virgin Galactic Foto: Jack Brockway/Virgin Galactic

Unity van Virgin Galactic Foto: Jack Brockway/Virgin Galactic

Meer as 700 mense het reeds aangedui dat hulle ‘n vlug van Virgin Galactic na die ruimte wil onderneem.

Die grootbaas van Virgin Galactic, Richard Branson, het onlangs in Mojave, Kalifornië die nuwe toerisme-ruimtetuig, VSS Unity bekend gestel. Prof. Stephen Hawking het die bekendstelling verwelkom en gesê hy sal “baie trots wees” om in dié ruimtetuig te vlieg.

Dit volg na die vorige SpaceShipTwo (SS2) ’n jaar en ʼn half gelede tydens ʼn toetsvlug neergestort het.

Dit is nog nie bekend wanneer Virgin Galactic die eerste keer toeriste na ’n hoogte van ’n honderd kilometer bo die aardoppervlak sal neem nie. Daar sal die bemanning en passasiers gewigloosheid ervaar, en ’n uitsig oor die geronde aarde hê.

Persone wat belangstel om ‘n toekomstige ruimtevaarder te wees, moet intussen $250 000 (byna R4 miljoen) deposito opdok.

Dis nuwe SS2, VSS Unity, is gebou vir twee vlieëniers en ses passasiers. Dit het ook groot vensters om die beste uitsig vir passasiers te bied. Lees meer oor die bekendstelling.

Virgin Galactic is egter nie die enigste privaat instelling wat skynbaar op die vooraand van ruimtetoerisme staan nie. Nasa het onlangs 18 300 aansoeke ontvang van mense wat in 2017 as ruimtevaarders opgelei wil word.

Klik hier as jy ook ‘n voornemende ruimtevaarder wil wees.

Prof. Stephen Hawking het reeds bevestig hy stel belang om saam met Branson die ruimte te besoek:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.