Mense binne nege jaar op Mars, reken Musk

Kunstenaarsvoorstel vir lewe op Mars(Grafika: NASA)

Kunstenaarsvoorstel vir lewe op Mars (Grafika: NASA)

Die Suid-Afrikaans gebore Elon Musk, uitvoerende hoof van SpaceX, het gesê indien alles volgens plan verloop, sal daar binne nege jaar persone op Mars wees.

Musk het Woensdag tydens die Code Conference in Kalifornië gesê die maatskappy beplan om mense in 2024 te stuur, en hulle sal na verwagting dan in 2025 by Mars aankom.

Musk beplan om self binne die volgende vier of vyf jaar ʼn ruimtereis te onderneem, maar wil slegs in ʼn wentelbaan om die aarde beweeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

HFC ·

Hou op om die mense te mislei want julle kan nie eens maan toe gaan nie.

Victor ·

Ok. So, die Apollo 11 landing was deur baie mense gevolg, onder andere, die Russe, wat weens die radioseine kon bepaal waar dit vandaan kom. Dan het ons fotos van die landing zones deur die LRO, asook ‘n reflektor eksperiment wat op die maan gelos is, wat jy vanaf die aarde se oppervlak kan trek met ‘n laser. Ons het klippe vanaf die maan. Maar jy dink die maanlanding het nie gebeur nie?

As al hierdie bewyse (en daar is nog meer) jou nie oortuig het nie, sal niks nie

Silver ·

Victor, en die Van Allen Belt wat 345 myl bokant die aarde is en NASA self sê hy kan nie deurgaan nie…?

Victor ·

NASA sê nie so nie, een ou wat voorheen vir NASA gewerk het voer so aan. Moenie die doellyn skuif nie – antwoord my oor die punte wat ek hierbo genoem het. Hulle was ‘n baie kort tyd in die Van Allen belt gewees. Daar is baie bronne op die Internet wat daardie punt aanspreek.

Knapie ·

Welgedaan HFC. Jy het daarin geslaag om die rook uit ten minste een persoon uit te iriteer met jou sarkastiese ( ek bedoel dit goed :-) ) opmerking, en arme Silver wat die vuur aan blaas. ROFL…

HFC ·

Victor, toe die Russe sien hulle kan nie maan toe gaan nie het hulle dit gelos en Amerika het toe maar net “if you can’t make it, fake it”. Hoekom was hulle nog nooit weer daar in die laaste 30 + jare nie? Om fotos en tv-uitsendings te fabriseer is baie maklik en daar is baie foute op die fotos onder andere(het jy ‘n antwoord vir die foute?). Daar is baie misleiding daar buite en baie mense word gevang.

Victor ·

HFC Kyk, ek dink ons gaan moet “agree to disagree”. Ja, ek het ‘n antwoord vir al die “foute” op die fotos. As jy enigsinds die geskiedenis volg van die koue oorlog sal jy weet hoekom Kennedy so gedruk het vir die Apollo program en hoekom die russe nie sou stilbly nie. Hoe het ons dan vandag fotos van die LRO (google dit) van die landingszones? Weet jy van die reflektor eksperiment wat ek hier genoem het? Weet jy ons het regolith en klippe van die maan?

Onthou, nie net die russe nie, maar mense wereldwyd kom daai uitsendings “track” en met eenvoudige trigonometrie bepaal wat die bron is – naamlik die maan. Jy kan die beeldmateriaal fabriseer – maar nie die bron van die radiosein nie.

Victor ·

Knapie, ek dink jy moet maar weer HFC se plasings lees, dis ongelukkig nie sarkasme nie, hy/sy glo werklik die maanlanding het nie plaasgevind nie

Victor ·

Mens wonder waar kom al die fotos vandaan, die TV uitsendings, die stukke rots wat teruggebring is, ens ens ens. Lees verder as “conspiracy theory” webblaaie

Silver ·

Victor, vra vir Stanley Kubrick daaroor…en so ook sal Arnie se “Terminator” , en flieks soos “Alien”, “Red Planet” ens. dan ook in die geskiedenis opgeteken word as feite en ware gebeurtenisse…?

O ja, Die aarde is plat want ek kan nie sien dat hy en kromming het nie want my oë is nie goed genoeg om 11 myl ver te sien nie…

Victor ·

Silver, hoe voorspelbaar dat jy so antwoord want lyk my jy het nie antwoorde nie. Mors jy jou tyd maar op conspiracy theories, ek het nie tyd daarvoor nie

Michiel ·

Victor, daar is steeds mens wat glo die aarde is plat – jy sal hul van niks oortuig nie, moenie jou energie mors nie.

sê net ·

Mens MOET homself besighou, KENNIS is mag. Perke is daar ook. Glo daar is mense wat nooit so sal wil bly op mars, nee dankie.

Victor ·

Vir enigiemand wat regtig nog twyfel of die Apollo 11 maanlanding plaasgevind is, gaan lees gerus hierso:
http://www.badastronomy.com/bad/tv/foxapollo.html

Dit is ‘n uitstekende uiteensetting van al die “foute” wat mense optel om te glo dis gefabriseer. Phil Plait is ‘n sterrekundige en bespreek die “hoax” goed. As julle nie van die bron hou nie, glo my – dis een uit duisende wat deur wetenskaplikes geskryf is wat tot dieselfde gevolgtrekking kom.

Michiel ·

Silver – jy werk nog in myle so dit sê alles van jou! Ek dnk ons moet Mark Shuttleworth ook bietjie uitnooi om met sommiges heir te kom gesels. Aijaijaijaijai!

gatiep ·

Ek sal glad nie verbaas wees as niemand nog op die maan was nie,die Russe se dan reguit hulle is te bang om n mens te stuur want hy sal meskien nie lewend terug kom nie,en wat ek kan onthou was die Russe daai tyd ver voor die USA met die space race?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.