Mercurius se donker kleur verklaar

Mercurius Foto: Nasa

Mercurius Foto: Nasa

Navorsers van die John Hopkins-universiteit se laboratorium vir toegepaste fisika meen hulle het die antwoord oor waarom Mercurius se oppervlak so donker is.

Hulle het inligting bestudeer van die MESSENGER-tuig wat van 2011 tot 2015 om Mercurius gewentel het, en hulle meen Mercurius was, na die planeet na sy vorming gestol het, met ’n laag grafiet oordek. Grafiet word in potlode gebruik.

Die laag grafiet het, terwyl die planeet nog gesmelt was, as ligste stof na die oppervlak gedryf. Sedertdien het talle faktore soos ruimte-impakte en vulkaniese werking die grafietoppervlak versteur, maar die wetenskaplikes meen van die grafiet het met die nuwe oppervlakmateriaal vermeng om steeds die donker kleur te veroorsaak.

Bron: Christian Science Monitor
Lees ook: The Verge

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

André ·

Dankie tog. Nou is ons kinders se kinders se kinders gewaarborg om nog potlode te kan maak…hoop net daar is nog bome vir hout oor…

Xa ·

So n donker oppervlak veroorsaak seker dat die planeet, Wat reeds so naby aan die son is, ekstra warm is.

Andre ·

Lyk soos n toekomsblik van ons land wanneer Zumer alles geplunder het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.