Die Max Planck-Instituut het altesaam €11 miljoen tot die ontwikkeling van die MeerKat-projek in Suid-Afrika bygedra. MeerKat is ’n aanvangsprojek vir die bou van die “Square Kilometre Array” (SKA). Dit sluit die bou van ontvangtoestelle in Bonn in, en die beskibaarstelling van ingenieurs.
Kort na die ondertekening het die Nederlandse eerste minister, Mark Rutte, Suid-Afrika met ’n handelsafvaardiging van 75 maatskappye besoek, en dit sluit ’n ooreenkoms in om die SKA-se beplande data-uitset aan te spreek. Die SKA gaan enorme hoeveelhede data insamel en die hantering daarvan bied ’n baie groot uitdaging.
Hul reken die data gaan so enorm wees dat die verwerkingsvermoë nog nie bestaan nie…baie interresant, bly hul gaan dit bou en dankie v die skrywe.