Nasa gaan hulp benodig vir Mars-sending

Kunstenaarsvoorstel (Grafika: NASA)

Kunstenaarsvoorstel (Grafika: NASA)

Die astronomiese koste verbonde aan ’n bemande reis na Mars maak dit onwaarskynlik dat Nasa so iets op sy eie kan aanpak, aldus ’n verslag wat aan Bloomberg gelewer is. Nasa se begroting vir 2016 beloop $19,3 miljard, terwyl beraam word dat ’n bemande reis na Mars tussen $100 miljard en $1 biljoen sal kos.

Nasa beoog om teen ongeveer 2033 ’n bemande sending na die Rooi Planeet te onderneem.

Uit verskeie verslae blyk dit dat die VSA ’n vennootskap met ander agentskappe sal moet sluit, soos die Europese Ruimte-agentskap. Daar is min ander opsies. Rusland is self besig om ernstig te besnoei terwyl die VSA deur Amerikaanse wetgewing verbied word om met die Chinese Ruimteagentskap saam te werk.

Nog ’n opsie is om private maatskappye soos Space X te betrek. Nie alleen het Space X al groot kostebesparing moontlik gemaak deur ’n aanjaervuurpyl vir hergebruik ongeskonde na die aarde te laat terugkeer nie, maar die private maatskappye het ook al getoon dat hulle items veel goedkoper as Nasa kan vervaardig.

Bron: Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

HEVW ·

NASA LOS MAAR EERS VIR MARS. DAAR IS VEEL BELANGRIKER WERK HIER OP AARDE. BEGIN SOMMER HIER BY SUID AFRIKA.

Kloekie ·

Belaglik! Plaas hul spandeer die geld aan natuurbewaring of aardverwarming.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.