New Horizons fotografeer al vyf Pluto se mane

NASA se New Horizons-ruimtetuig het hierdie foto op 25 April 2015 geneem van Pluto se mane Foto: NASA/JHU-APL/SwRI

NASA se New Horizons-ruimtetuig het hierdie foto op 25 April 2015 geneem van Pluto se mane Foto: NASA/JHU-APL/SwRI

Nasa se New Horizons-tuig wat op 14 Julie vanjaar net 12 500 km van Pluto af verby gaan haas, kon vir die eerste keer Pluto saam met sy vyf mane gefotografeer kry.

Veral twee van die mane, Kerberos (7 – 21 km in deursnee) en Stix (10 – 32 km in deursnee) is baie klein en dit word as wonder beskryf dat die New Horizons met sy LORRI-langafstandkamera hulle sigbaar gefotografeer kon kry. Hulle is maar onlangs eers deur die Hubble-teleskoop ontdek, lank ná New Horizons in Januarie 2006 gelanseer is.

Op die beeld versmelt die grootste maan, Charon, met Pluto. Die ander twee mane heet Hydra, Nix.

New Horizons sal nou begin om die ruimte rondom Pluto vir nog moontlike maantjies of ander voorwerpe te verken – ook vir die tuig se eie veiligheid met sy verbyvlug.

New Horizons het onlangs vir die eerste keer foto’s geneem waarop oppervlak-eienskappe van Pluto gesien kan word. Tot dusver was die mensdom vir die beste beelde van Hubble verantwoordelik, wat Pluto egter net as ’n uit fokus kolletjie kan wys.

Bron: CS Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.