New Horizons gee probleme amper by Pluto

New Horizons Foto: solarviews.com

New Horizons Foto: solarviews.com

Net tien dae voor die New Horizons-tuig van Nasa op 14 Julie by Pluto en sy mane verby gaan vlieg, het aardbeheer onverwags alle kontak met die tuig verloor.

Die kontak is na meer as 80 minute herstel, maar dit het toe geblyk dat die tuig in die sogenaamde veilige modus werk. Dit beteken die tuig se werksverrigtinge is net genoeg om dit self aan die gang te hou.

Dit beteken ook die tuig se rekenaars moet van die aarde af herlaai word, wat ’n omvattende taak is omdat dit die instruksies meer as vier uur neem om New Horizons te bereik, en die tuig se antwoord weer meer as vier uur neem om die aarde te bereik. Die wetenskaplikes sal ook graag wil weet wat verkeerd geloop het.

Nasa het intussen die versekering gegee dat die probleem teen Dinsdag 7 Julie uitgestryk sal wees, en dat die verbyvlug nie geraak sal word nie.

Selfs al sou die werkverrigtinge nie regkom, of volkome regkom nie, het die mens se kennis danksy die tuig reeds oneindig verbreed.

Voor die probleme begin het, het New Horizons onder meer beelde gestuur van vreemde donker kolle op Pluto. Die kolle het ’n deursnee van 500 kilometer. Dit blyk ook dat Pluto se twee halfrondtes baie van mekaar verskil. Die tuig het ook bevestig dat bevrore metaangas op die dwergplaneet voorkom.

Bronne: CS Monitor (Can NASA fix New Horizons spacecraft just days before Pluto flyby?), CS Monitor (NASA discovers mysterious dark spots on Pluto), CS Monitor (NASA zeroes in on Pluto; detects frozen methane) en Space.com (New Horizons glitch)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.