New Horizons veilig by Pluto verby

Pluto van naderby beskou Foto: NASA

Pluto van naderby beskou Foto: NASA

Nasa se New Horizons-tuig het sy nabye verbyvlug van Pluto voltooi, het die tuig self laat weet na dit sowat 12 000 kilometer bo die dwergplaneet se oppervlak verbygeflits het. Dit het die sein sowat vier en ’n half uur geneem om die aarde te bereik. Kort hierna is gerapporteer dat al New Horizons se stelsels gesond is, en dat die reis dieper die Kuipergordel in voortgesit word.

’n Stroom data en foto’s sou hierna volg.

Daar was vrese dat New Horizons beskadig sou kon word in stofdeeltjies wat vermoedelik in die omgewing van Pluto, sy grootste maan Charon en die ander maantjies kon wees.

Dit is die eerste keer dat ’n mensgemaakte tuig so na-aan Pluto gekom het, en die eerste keer dat die mensdom beeldmateriaal van die dwergplaneet kon ontvang wat oppervlak-eienskappe getoon het, en dit boonop duidelik was. Op sy naaste punt aan Pluto sou voorwerpe so groot soos ’n rugbyveld uitgeken kon word.

Kort voor Pluto se aankoms, het wetenskaplikes laat weet dat die dwergplaneet groter is as wat voorheen bereken is.

Klik hier om op hoogte te bly met die sending.

You ain’t seen nothing yet! Today’s image was just the latest in a series of the New Horizons Pluto “picture show.” Tomorrow, more #PlutoFlyby images of surface close-ups will make the more than four-hour journey to Earth at the speed of light to give ten times the resolution of what we saw today, with details as small as New York’s Central Park. Stay tuned! http://www.nasa.gov/newhorizons

Posted by NASA – National Aeronautics and Space Administration on Tuesday, 14 July 2015

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.