Nieu-Seeland lanseer drie satelliete gelyk

Rocket Lab het die eerste land in die Suidelike halfrond geword wat ’n vuurpyl suksesvol in ’n wentelbaan om die aarde kon plaas (Foto: Nasa)

Die Nieu-Seelandse maatskappy Rocket Lab het die eerste land in die Suidelike halfrond geword wat ’n vuurpyl suksesvol in ’n wentelbaan om die aarde kon plaas.

Volgens berigte was dit ’n toetsvlug waartydens drie satelliete, waarvan twee kommersieel, saam gelanseer is.

Die lansering het van ’n skiereiland op die Noordeiland geskied.

Rocket Lab beoog nog drie toetsvlugte voordat gereelde kommersiële lanserings gaan begin en die gedagte is dat dit veel goedkoper sal geskied as wat dit hul mededingers gaan kos.

Die lanseerterrein op die Noordeiland word wyd gekritiseer omdat dit aan hewige winde en gereelde onweer blootgestel is. Die veronderstelde lansering moes juis met ’n dag uitgestel word weens slegte weer en ’n ernstige tegniese fout.

Dit was die land van die Silwer Varing se tweede probeerslag nadat ’n lanseerpoging verlede jaar misluk het.

Nieu-Seeland beskou die suksesvolle lansering as ’n belangrike toevoeging tot sy Nieu-Seeland Eerste-veldtog en het Australië as sy enigste ernstige mededinger in die Suidelike halfrond bestempel.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Ruimte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

8 Kommentare

HPV ·

Met behulp van Suid Afrikaanse breinkrag, mense wat nie meer werk in hul eie land kon vind nie. Reuse aanwins vir ander lande, baanbrekers en opbouers!

HPV ·

Yankee, asseblief tog, lees soms in figuurlike terme, of wil jy ontken dat Suid Afrikaners hul stempel afdruk in baie ander lande selfs Amerika. As ek reg onthou selfs ‘n Suid Afrikaner by NASA. Wat ek probeer sê is dat hul onwelkom in hul eie land is maar meer as goed genoeg in ander lande.

Frik ·

In 1989 en 1990 het SA twee suksesvolle sub-orbitale lanserings vanaf Waenhuiskrans gehad. Dit was deel van die destydse satellietprogram. Die volgende lansering sou die Groensat satelliet wees. Maar toe breek ’94 aan en met soveel ander kundigheid is hierdie vermoee afgetakel. SA se infrastruktuur is eintlik nog steeds beter as NZ s’n vir sulke lanserings, maar daar’s die ding van die politiek…. wat maak dat niemand SA met ‘n tang wil aanraak nie.

NZ'der ·

ROFL beter as NZ ROFL , geld eenheid ook seker beter, land ook eintlik beter, as dit nie vir politiek en crime was en allerande verskonings nie. Ons is vêr bo SA.

Nolan ·

Trots om myself n NZ’der te noem vir 6jaar al. GO NZ!! Beste land ter wereld

Arries onnie ·

Hoekom stry julle oor watter een van RSA of NZ die beste land is? Die berig en foto onderskif stel dit tog duidelik dat “Rocket Lab het die eerste land in die Suidelike halfrond geword wat ‘n vuurpyl suksevol in ‘n wentelbaan om die aarde kon plaas”.

Suidenaar ·

Goed opgelet Arrie.

Ek sukkel om die land “Rocket Lab” op die kaart op te spoor. Seker naby South Earth.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.