Nuwe besending op pad na ruimtestasie

Orbital ATK se Cygnus-kapsule op 'n Atlas V-vuurpyl tydens lansering van Cape Canaveral (22 Maart 2016) (Foto: Tim Shortt/Florida Today via AP)

Orbital ATK se Cygnus-kapsule op ‘n Atlas V-vuurpyl tydens lansering van Cape Canaveral (22 Maart 2016) (Foto: Tim Shortt/Florida Today via AP)

ʼn Nuwe vrag goedere is Dinsdag met ʼn vuurpyl na die Internasionale Ruimtestasie gelanseer, om seker te maak hul rakke is vol ná ʼn paar mislukte afleweringspogings.

Die onbemande Atlas V-vuurpyl het nagenoeg 3 600 kg kos, toerusting en wetenskaplike navorsing vir NASA, insluitend ʼn 3D-drukker. Daar is ook ʼn paar verrassings vir die ruimtevaarders. Hulle sal na verwagting Saterdag die vrag ontvang.

“Dalk is daar ʼn paar Paaseiers ingesluit!” het Frank Culbertson, president van Orbital ATK-ruimtestelsels, geskerts. Hy het gesê hy wil nie te veel weggee nie, om seker te maak hy bederf nie die verrassing nie.

Daar is ook ʼn vuureksperiment wat op die Cygnus-kapsule sal bly. Navorsers gaan ʼn grootskaalse brand binne ʼn beperkte spasie stig om te sien hoe dit binne gewigloosheid versprei. Die brand sal eers gestig word wanneer die Cygnus-kapsule, gevul met rommel, in Mei die ruimtestasie verlaat.

Die Cygnus is een van twee kommersiële voertuie wat gebruik word om vrag te vervoer na die ruimtestasie. Albei voertuie het egter die afgelope 18 maande besendings verloor weens foute met die vuurpyle. ʼn Russiese besending is ook vernietig.

Elon Musk se SpaceX mik intussen om sy Dragon-vuurpyl op 8 April te lanseer, nadat die laaste een in Junie tydens ʼn lanseringsongeluk verwoes is. Dit sal die eerste keer wees wat ʼn Cygnus-kapsule en Dragon-vuurpyl op dieselfde tyd by die ruimtestasie aandoen.

NASA het begin om besendings na die ruimtestasie uit te kontrakteer, en na verwagting sal taxivlugte aan die begin van volgende jaar begin as deel van ʼn plan om mense in die 2030’s na Mars te vervoer.

Die ruimtevaarder Scott Kelly het vroeër vandeesmaand teruggekeer ná ʼn jaar op die ruimtestasie, as deel van ʼn eksperiment om langtermyn gewigloosheid op die mens se liggaam te toets.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

DPJ ·

Nee wat wie wil die hoogs “intelegent persoon” op een van hulle stasies hê?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.