Nuwe foto’s van Mars

Die Opportunity-marstuig van Nasa het nuwe foto’s van die oppervlak van Mars teruggestuur. Die foto’s is Sondag op die Mars Exploration Facebook-blad gedeel. Die karretjie is al sedert 2003 op die planeet en is op soek na antwoorde oor die geskiedenis van water op Mars. Nog foto’s is op Nasa se Mars Exploration Rover-webwerf beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

KLEIN ·

Lyk skoner as ons planet geen ROMMEL wat ronlê . Sal moontlik `n goeie tuiste kan wees in die toekoms.

Cilliers ·

Dan kla ons dis droog! Een ding is duidelik: Zuma en sy toi-toiers was nog nie daar nie!

EMK ·

Ja lyk dalk skoon en so, maar ook dood en leeg. Nee wat, bly ook liefs hier in mooie SA!

Lourene ·

Yip bly eerder hier, gaan beslis nie heeldag met n ‘helmet’ oor my gesig loop om asem te kan haal nie.. Hier is dit nie moeite om suurstof te kry nie,

arizona ·

Lyk so rustig. Met my 30 uitlander bure wat die huis langs my ge-hijack het kry ek bitter min rus en vrede. Sal wat wil gee om net die rus en vrede van hierdie planet te ervaar.

Johan 2 ·

Sterkte! Ons moes trek, maar dit is wat hul wil hê natuurlik. Bel aanmekaar die polisie op hulle. Wonderlik om fotos van so vêr wereld te kan sien.

Theresa ·

Hoop met hidroponiks en aeroponiks kan mens daar plant en leef. Bietjie ver vir ‘n naweektrippie, maar vir finale wegkom van te veel van te veel, moet ons begin dink hoe die groot kopding beter ontwerp moet word vir gemak. o ja, en geen taxis mag daar rondry nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.