Nuwe tegnologie vir soeke na intelligente lewe in ruimte

Die Niroseti-span by hul nuwe infrarooi-instrument in die Lick-sterrewag. V.l.n.r. Remington Stone, Dan Wertheimer, Jérome Maire, Shelley Wright, Patrick Dorval en Richard Treffers Foto: Astronomy.com

Die Niroseti-span by hul nuwe infrarooi-instrument in die Lick-sterrewag. V.l.n.r. Remington Stone, Dan Wertheimer, Jérome Maire, Shelley Wright, Patrick Dorval en Richard Treffers Foto: Astronomy.com

’n Nuwe instrument om na intelligente lewe in die ruimte te soek, is in die Lick-sterrewag in San José geïnstalleer.

Die nuwe instrument, genaamd Niroseti, sal vir die eerste keer na seine en boodskappe in die infrarooi-spektrum soek. Die navorsers meen dat infrarooi ’n uitstekende manier bied om boodskappe deur die ruimte te stuur. ’n Kragtige infrarooi-laser kan die uitstraling van ’n ster klop, al is dit net vir ’n breukdeel van ’n sekonde, terwyl lig in hierdie spektrum ook nie so maklik deur gas en stof in die ruimte gestuit word nie.

Wetenskaplikes soek al langer as 50 jaar na radioseine uit die ruimte, maar instrumente wat infrarooi kan opvang, is onlangs eers ontwikkel.

Lees meer: Astronomy.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Nic ·

Hulle sal soek, en soek, en soek en verniet soek… tot die intelligente Lewe weer kom soos Hy beloof het.

Dave ·

Nic, om te aanvaar dat daar intelligente lewe in die ruimte is, behoort nie met jou geloof te bots.
Daar is immers niks in die Skrif wat daardie moontlikheid uitsluit. Glo jy dat engele bestaan? Hoe kan jy dan nie glo in intelligente lewe in die buitenste ruim? Vir my is dit logika om te glo dat daar intelligente lewe elders gevind sal word en ek is diep gelowig.

Shannon ·

So verstaan ek reg : Engele bly in die ruimte ?
Enige spesifieke plek die kant, duskant van die Sonnestelsel ? Dalk in `n ander sterre stelsel ?

Dave ·

Jy sien, dì is waar intelligensie ‘n faktor word. Verrassing vir jou, ons bly ook in die ruimte. Die ruimte is àlles… ag toemaar, los maar. Jy sal nie verstaan nie.

Shannon ·

Herman interessant die “soeke na lewe” elders in die heelal. Want so vêr ek verstaan is die ‘soeke na lewe’ direk verwant aan die ‘soeke na die definisie van lewe’. As jy na tekens van lewe soek, dan vra jy noodwendig ‘watse soort lewe’ ? Wat is lewe ?

Ek sou graag daar wou wees indien die mens en sy masjiene wel eendag `n lewens vorm vind. Ek sou wou weet : Het dit DNS ? Kort dit water of suurstof ? Lg. is bv. nie nodig vir bakterieë nie maar beide bakterieë en virusse beskik ook DNS. Maar is dit lewe ?
Wat van die fenomenale konsep van `n “meem” (meme) ? `n Ding wat onsigbaar is, onaantasbaar en hoogs onverstaanbaar. En tog plant dit voort .. in kerke, politiek en Twitter. Die ander aspek van hierdie vorm van ‘lewe’ baie hitte veroorsaak maar dat dit nie direk daarvoor verantwoordelik is nie.

M.a.w. so tussen my en jou – ek glo nie ons Homo Sapiens Sapiens weet mooi waarna ons soek nie.

Wat reken jy – as hulle wel afkom op intelligente lewe daar op Zebulon 7, sal die NG Kerk `n sending afvaardiging dispatch ? Sodat ons hulle kan leer van oorlog en ewige verdoeming in die helse hiernamaals ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.