Oefening vir as asteroïed dalk teen aarde bots

Grafika: NASA

In ’n poging om die aarde teen ’n katastrofale asteroïed te beskerm, word ’n eksperimentele botsingstuig in 2021 gelanseer.

Die kontrak om die tuig te lanseer is pas aan Space X toegeken, en ’n Falcon 9 sal vir dié doel ingespan word.

Die program, bekend as Asteroid Impact & Deflection Assessment (Aida), is ’n gesamentlike projek van Nasa en die Europese Ruimteagentskap.

Die botsingstuig, bekend as Dart, sal ná lansering die reis self voortsit deur gebruik te maak van sy sonkrag- elektriese aandrywingstelsel.

Die bestemming is ’n dubbel-asteroïedstelsel bestaande uit Didymos A en die kleiner Didymos B. Hulle sal in 2022, wanneer Dart aankom, sowat 11 miljoen km van die aarde wees.

Dart sal in Didymos B, wat 160 m wyd is, vasvlieg. Hoewel die koersaanpassing, as die eksperiment slaag, baie gering sal wees, sal dit genoeg wees om ’n botsing met die aarde te voorkom.

Die botsing sal deur ’n tuig van die Europese Ruimteagentskap waargeneem en gemonitor word.

Die algehele koste van die projek beloop sowat $69 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

honourable member ·

Die Amerikaners het net te veel geld om te mors. As so iets regtig moet gebeur glo ek gaan ons nie een kan oorleef nie so waaroor worry wat moet gebeur gaan gebeur en daar is niks wat enige mens daaraan kan doen nie.

Judge Dredd ·

So – vlieg aspris vas in Didymos B.
Botsing veroorsaak dat groot deel afbreek en “per ongeluk” in rigting van aarde spat.
Mensdom vernietig homself as gevolg van “Stupidity”.

Ek hoor al klaar hoe lag die dinosaurisse.

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
Hoekom oefen hulle nie vir die fake “Alien Invasion” wat gaan kom nie.

Waar die “outside threat” die wêreld en sy probleme gaan “unite under a common cause”……en dan die “One World Government” gaan bekendstel….sodat die nuwe “Cosmic Christ” en sy “light-bearers” die wêreld gaan begelei met sy “Beast System”.

.
…….ek vrees geen mens nie.

Pieter ·

Ek wonder hoeveel biljoene is al aan die ruimte projekte spandeer, en wat het ons tot dusver daaruit geleer? Span liewer daardie geld in om die oseane te bestudeer en wat onder die water aangaan. Ons weet nog amper niks van dit nie en dit impak ons lewe op aarde direk terwyl die ruimte ons nie regtig raak nie….

Oom Doug ·

160km in deursnit, dis soos n migie te stuur om met n olifant te beklei.
Sorry weer Ek, het verkeerd gelees, 160 meter, so ok n Klein olifant.

Pitty ·

As ons nooit nie probeer vuurmaak het sal ons nou nog nie gekookte kos kon eet. Vooruitgaang is nie altyd sleg nie. Dankie tog vir Antibiotika en cement. En vir die gebruik van n selfoon.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.