Reuse lawatonnels met ’n deursnee van meer as ’n kilometer kan groot genoeg wees om lewensvatbare stede vir koloniste op die maan te huisves, blyk uit navorsing deur wetenskaplikes van die Purdue-universiteit wat data van Nasa bestudeer het.
Sulke stede sal beskerm wees teen die reuse temperatuurverskille tussen die dag en nag op die maan, dit sal nie aan die kosmiese bestraling soos op die oppervlak ervaar word, blootgestel wees nie, en dit kan selfs die inwoners teen meteoriete beskerm.
Wonder wat gaan die ‘man op die maan’ sê van hierdie koloniste?