Planne vir mikrotuig na naaste ster vol slaggate

Stephen Hawking (Breakthrough Starshot)

Stephen Hawking (Breakthrough Starshot)

Planne van Breakthrough Starshot om ’n tuigie so groot soos ’n posseël teen die derde van die spoed van lig na die naaste ster, Alpha Centauri, te stuur, is propvol slaggate.

Die span, wat die bekende fisikus Stephen Hawking insluit, het self 25 uitdagings wat oorkom moet word, op ’n webwerf gelys en kenners aangemoedig om voorstelle vir die oorkoming daarvan aan die hand te doen. Verskeie mense het reeds met omvattende voorleggings gereageer.

Die span meen dit sal sowat 20 jaar neem om die infrastruktuur te bou en die ontbrekende tegnologie te ontwikkel wat nodig is om die sending mee aan te pak. Dit sal nog twintig jaar neem om die tuigie, wat deur laserstrale van die aarde af aangejaag word, die afstand te laat aflê. Een van die probleme is dat die ruimte waardeur die tuigie moet beweeg nie werklik leeg is nie, en botsings teen selfs klein stofdeeltjies teen daardie spoed kan baie skade aanrig.

Lees meer: Maroela Media, Breakthroug Starshot,
Artikels in die Christian Science Monitor CS Monitor en CS Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ekwilibrium ·

Sjoe, die Skepping is darem GROOT… Ek hoop ek beleef so ‘n sukses deur die mensdom in my leeftyd!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.