Robottuig Philae op komeet herleef kortstondig

Die Philae-landingstuig op die komeet 67P/Churyumov-Gerasimenko het gou weer van hom laat hoor. Al het die kommunikasie net 85 sekondes geduur, is ’n totaal van 300 datapakette na die wenteltuig Rosette versend, wat dit weer na die aarde versend het.

Philae Foto: ESA

Philae Foto: ESA

’n Ontleding van die data het aan die lig gebring dat Philae tevore ook reeds “aangegaan” het en data ingesamel het, maar toe nie genoeg energie gehad het om dit na Rosetta te kommunikeer nie. Hierdie “historiese data” is nou saam met die nuwe versend.

Philae het in November verlede jaar op die komeet geland, maar in die skadu beland. Na sestig uur was Philae se batterye wat nie sonder sonlig kon herlaai nie, pap en is sedert 15 November niks meer van die tuigie verneem nie.

Wetenskaplikes het gehoop dat Philae later, wanneer die komeet nader aan die son sou wees, wel aan sonlig blootgestel sou wees en dan weer data sal kan versend. Die wetenskaplikes hoop nou dat Philae genoeg sonlig sal kan kry om ‘n hele reeks eksperimente waarvoor dit toegerus is, te kan uitvoer.

Bron: Europese Ruimte-agentskap en Belga

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eliza-beth ·

Fantastiese interessante nuus! Kommunikasie het slegs 85 SEKONDES geuur tog het dit 300 datapakette na Rosette gestuur. Ongelooflik!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.