Ruimtehoogtepunte vir 2015

'n Kunstenaarsvoorstelling van New Horizons Foto: http://harvestmoon-productions.com/

‘n Kunstenaarsvoorstelling van New Horizons Foto: http://harvestmoon-productions.com/

Die grootste verwagte hoogtepunt vir 2015 sal die aankoms van die Nasa-tuig, New Horizons, by Pluto en sy mane wees. New Horizons is onlangs uit sy finale rumteslaap gewek om met sy waarnemings van die dwergplaneet te begin. Die verbyvlug sal na verwagting eers in Julie 2015 sy plaasvind, terwyl steeds gesoek word na nog liggame anderkant Pluto wat daarna besoek kan word. Die Hubble-teleskoop het reeds ‘n aantal potensiële besoekpunte ontdek in ‘n gebied wat as die Kuipergordel bekend staan.

Toe New Horizons in 2006 gelanseer is, was Pluto nog formeel die son se negende planeet. Dit is daarna tot dwergplaneet afgegradeer, maar gerugte wil dit hê dat Pluto sy status as planeet sal herwin voor New Horizons arriveer.

Die aarde kry vroeg in die nuwe jaar besoek van ’n nuwe komeet. Die komeet, 2014 Q2, sal op 7 Januarie op sy sigbaarste aan die aarde wees. Dit trek egter in ’n suid-noordlyn, sodat bewoners van die suidelike halfrond grootliks gesnoep word. Die komeet was baie dof toe dit ontdek is, maar het sedertdien baie helderder geword, en sal na verwagting die helderheid van 4,6 bereik wanneer dit op sy sigbaarste is. Dit sal dan tussen die beelde van Eridanus en Taurus onderweg wees. Op donker plekke behoort die komeet met die blote oog sigbaar te wees.

Nasa se Dawn-ruimtetuig het met sy nadertog na die dwergplaneet, Ceres, begin. Dawnn het voorheen ook 14 maande lank om die protoplaneet, Vesta, gewentel en waardevolle inligting te bekom. Bitter min is oor Ceres bekend, en al wat Nasa met sekerheid weet, is dat Dawn se ondersoek verassings gaan inhou. Daar bestaan selfs die moontlikheid dat Ceres ’n meer onder sy ysige oppervlak kan hê. Ceres is so groot soos die Amerikaanse deelstaat Texas. Dawn sal vermoedelik op 6 Maart in ’n wentelbaan om Ceres gaan.

Op 29 Januarie word die aarde se beste waghond tot dusver teen sonstorms gelanseer.  Die tuig, bekend as DSCOVR (Deep Space Climate Observatory), sal om die son wentel, en tussen 15 minute en ‘n uur waarskuwing rig as die aarde deur ‘n sonsuitbarsting getref gaan word. Behoorlike voorsorg kan dan getref word dat so min as moontlik skade aangerig word, soos die ontwrigting van kragnetwerke, en ook kommunikasie- en navigasienetwerke. DSCOVR is uniek deurdat dit eers as ‘n aardwaarnemingsatelliet ontwerp en gebou is. Die sending is egter gekanselleer en die satelliet is sewe jaar lank gebêre. Wetenskaplikes het onlangs ontdek dat die tuig goed vir sonwaarnemings aangepas kan word, en is dit onder die motbolletjies uitgehaal.

Bronne: Pluto, Space.com, Nasa en Popular Mechanics

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hanno Visagie ·

Jy meld ongelukkig niks van 2015 se Bloedmane nie…

Elizabeth ·

Sommer net – ek sou dink Ceres is ‘n “sy” en nie ‘n “hy” aangesien in die antieke Romeinse geloof/mitologie Ceres die godin van vrugbaarheid en boerdery is!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.