Ruimtestasie kry sensor vir ruimterommel

Suid-Afrika – soos gesien uit die internasionale ruimtestasie (Foto: ruimtevaarder Tim Peake)

Die Internasionale Ruimtestasie kry nóg ’n instrument by wat ondersoek sal doen na ruimterommel wat kleiner is as 10 cm in deursnee.

Die instrument, wat as die ruimterommelsensor bekend staan, sal onder meer kyk na die uitwerking van klein brokkies ruimterommel. Die sensor sal ook vasstel waar die meeste stukkies voorkom sodat bane ontwerp kan word vir nuwe tuie sonder dat hulle onnodig in gevaar gestel word.

Die Internasionale Ruimtestasie word self gereeld deur klein stukkies ruimterommel getref en veral die dele waar die bemanning leef, is goed gepantser.

ʼn Stukkie ruimterommel van meer as 1 cm kan die ruimtestasie se skanse deurpriem terwyl ’n stuk groter as 10 cm ’n satelliet uitmekaar kan laat spat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

KLEINTJIE ·

So what. Gaan dit enigsins help om sateliete te beskerm teen rommel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.