Ruimtestrukture dalk deur ruimtewesens gebou?

Kunstenaarsvoorstelling van die Kepler-ruimteteleskoop (Foto: NASA/Ames/JPL-Caltech/EPA)

Kunstenaarsvoorstelling van die Kepler-ruimteteleskoop (Foto: NASA/Ames/JPL-Caltech/EPA)

Die internasionale media gons nadat navorsers ’n vreemde verskynsel om ’n veraf ster ontdek het. Die ster, wat KIC 8462852 gedoop is en 1 500 ligjare van die aarde is, is een en ’n half keer so groot soos ons son en warmer sowel as helderder as die son.

Die navorsers, onder leiding van dr. Tabetha Boyajian van Yale het deur beelde wat deur die Kepler-ruimteteleskoop geneem is, waargeneem dat ’n groot hoeveelheid voorwerpe om die ster beweeg en tot die gevolgtrekking gekom dat dit waarskynlik die gevolg is van komete wat te na-aan die ster gekom het, en deur swaartekrag opgebreek is.

Dr. Boyajian het die uitslae van die navorsing egter ook aan prof. Jason Wright gewys. Wright bestudeer beelde wat Kepler geneem het om tekens van lewe in die ruimte te soek.

Hoewel Wright en sy medewerkers se bevindings eers binnekort gepubliseer word, sê hulle die navorsing stem ooreen met reuse megastrukture wat deur ruimtewesens gebou is, en waarskynlik ten doel het om energie van die betrokke ster op te vang. Wright het gesê die moontlikheid dat ruimtewesens vir iets vreemds in die ruimte verantwoordelik is, moet altyd die laaste opsie wees wat oorweeg word.

“In hierdie geval lyk dit egter soos iets wat ’n mens kan verwag wat ‘n buite-ruimtelike beskawing sou kon bou.”

Bronne: Discovery NewsUS Today,   The Independent

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Watse vermorsing van spasie sal dit nie wees as ons die enigste wesens in die heelal is . Dis net net a kwesie van tyd en kleinbietjie verbetering op tegnollogie voor ons iutvind ek skat binne die volgende 25 jaar .

Jaco K ·

Die heelal is totaal te groot vir die mens, maar nie te groot vir God nie. Wat glo jy?

Johan 2 ·

Ek stem saam God is so groot dat hy verseker orals geskep het…insluitend wesens op ander wêrelde. Baie opwindind en n vooreg om Sy skepping te kan verken en Sy skepsels te ondersoek…dankie vir die berig dit is baie interresant!

Jan Venter ·

Martin, gelukkig is die tyd vir die meeste van ons verby dat ons glo het dat die aarde is die middelpunt van die heelal en dat die ganske kosmos geskape is terwille van die mens; so jy is op die regte pad as jy nie meer glo dat die maan is van kaas gemaak nie. Hou so aan, ek glo ook, soos Busfark, dat buiteaardse lewe bestaan en net wag om deur ons ontdek te word.

Dup du Plessis ·

………Ja, dalk ‘n besoek van die eienaar van alles……woorde dra krag,……….geen vermorsing van spasie nie – was die son bietjie nader of verder was nie een van ons hier nie…….

Dee ·

Soos jy sê Dup, die ruimtes dien ‘n doel. Dink aan die feit dat ons in ‘n Ewigheid leef en slegs van dimensie gaan verander; dan sal besef word waarom daar soveel beweegruimte is.

Tobie ·

As hulle teleskope so goed is dat hulle iets wat 300 000 x 60 x60 x24 x 365 x 1500 km ver kan sien, dan kan hulle seker die ding se nommerplate ook sien. Dan weet jy mos wie het dit 1500 jaar terug gebou, siende dat dit die lig solank so vat om hier uit te kom….

Johan 2 ·

1500jaar is niks in heelal terme nie. Ek hoop hul kan nog beter data kry daaroor dit sal werklik uniek wees om so iets te ontdek…ek sien nogal uit!

Tobie ·

Dink jy regtig daar steek n greintjie waarheid in die storie Johan?

Hoe dink jy sien hulle so iets. Do the math. Dis vrek ver…. Die blote grote van die sin waarteen hulle die voorwerpe meet is ook belangrik.

Dink jy nie as hulle lense gehad het wat sover kon kyk nie dat hulle dalk eerder na Alpha Centaury sou kyk nie? Dis immers net 4.? ligjaar ver. Hulle kan mos heelwat beter fotos daar neem. Wie weet, dalk sien mens nog Mc’Donalds se arches daar…

Grotman ·

Aag my genade! ek het geweet dat ons land se leiers is nie van die skerpste wesens wat bestaan nie maar nou het ek minder hoop vir n deel van ons boerevolk. Waarom as iemand iets se moet daar altyd iemand slimmer wees wat daai een sleg se??….. Dankie maar ek bly eerder in my grot. Ps ek dink ek het pas vuur ontdek woow!

Tobie ·

Ai Grotman. Ons leef in n wereld waar als vir ons gese word. Wie se die klomp, die hulle, is reg?

Is hulle met hulle robot stemme en skewe gesigte in rolstoele nie maar deel van die groter prentjie waar die wereld leiers wil he dat jy moet begin dink dat die mens verantwoordelik is vir sy eie ontstaan nie?

Hulle gebruik groot woorde en die media om jou aan jou neus te lei, want jy is te bang om hulle aan te vat.

Nie alles in die Huisgenoot is die waarheid nie.

Barry ·

Ek dink dit sal absoluut selfsugtig wees van ons mens(dom) om te dink ons is alleen in die heelal..alhoewel ek ook eers sal glo in ñ buite ruimtelike wese as ek een sien…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.