Ruimteteleskoop gaan 100 dae lank bibber

Die hoofmodule onderweg om koue te trotseer (Foto: Nasa)

Die James Web-ruimteteleskoop wat na verwagting volgende jaar gelanseer gaan word, gaan nou byna 100 dae in ’n vertrek deurbring waarvan die temperatuur uitsonderlik koud gestel kan word.

Dieselfde vertrek is gebruik om die Apollo-ruimtetuie te toets voor die sendings na die maan, maar is intussen opgegradeer.

Die doel van dié temperatuurtoets is om seker te maak dat die ruimteteleskoop kan funksioneer in ’n omgewing wat sowat 1,6 miljoen kilometer van die aarde af is.

Die James Webb-projek word gesamentlik deur Nasa, die Europese ruimte-agentskap en die Kanadese ruimte-agentskap van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.