Russiese ruimtetuig brand uit in atmosfeer

Die gedoemde tuig word gelanseer. Foto: Roscosmos

Die gedoemde tuig word gelanseer. Foto: Roscosmos

’n Onbemande Russiese ruimtetuig wat drie ton voorraad by die Internasionale Ruimtestasie moes aflewer, het vroeg vanoggend in die atmosfeer bo die Stille Oseaan uitgebrand.

Die tuig het reeds kort ná lansering probleme ondervind en buite beheer geraak. Dit het in ’n wentelbaan begin tuimel wat dit onherroeplik op ’n vuurdood in die atmosfeer sou lei.

Die verlies aan die tuig en sy voorraad hou egter geen gevaar vir die bemanning van die ruimtestasie in nie. Daar is voldoende voorraad aan boord.

Afgesien van Russiese tuie wat die stasie met voorraad bedien, lewer die Amerikaanse maatskappy SpaceX en die Japannese Ruimte-agentskap ook gereeld voorraad af.

Lees die volledige berig in Trouw. Lees ook ’n vorige artikel in die CSM.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rocket scientist ·

Die “Rocket Science” het hier verkeerd verloop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.