SA Ruimte-agentskap vier vierde verjaarsdag

Só gaan die satelliet, EO-SAT1, lyk Foto: Sansa

Só gaan die satelliet, EO-SAT1, lyk Foto: Sansa

Die Suid-Afrikaanse Ruimte-agentskap, (Sansa) is in Desember 2010 deur die departement van wetenskap en tegnologie in die lewe geroep, en het hom reeds as waardevolle vennoot aan ander lande gevestig in onder meer die lansering van tuie na die diep ruimte.

Sansa se streeksentrum vir ruimteweer lewer ook ‘n waardevolle bydrae om die land te waarsku teen sonsuitbarstings wat kommunikasie kan ontwrig en ander skade op aarde kan aanrig.

Die agentskap is ook trots op die vordering wat gemaak word met ’n Suid-Afrikaanse satelliet, EO-SAT1. Dié satelliet sal vanuit die ruimte ‘n ogie oor die aarde hou.

Lees meer op Sansa se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.