Seile ingespan om satelliete gouer te laat uitbrand

Een van die ruimteseile (Foto: UTIAS Space Flight Laboratory)

Gewoonlik word aan seile in die ruimte gedink as ’n manier om ruimteskepe teen geweldige hoë snelhede op die wieke van die sonwind te laat vaar.

’n Kanadese ontwerp van vier seile van ’n vierkante meter elk het egter ten doel om ’n kubersatelliet so groot soos ’n skoendoos te rem sodat dit gouer na die atmosfeer kan terugval en uitbrand.

Ruimterommel is ’n steeds groeiende probleem en sowat 15 000 stukke word reeds gemonitor.

Maniere word ondersoek om satelliete wat hul werksaamhede afgehandel het gou na die atmosfeer te laat terugval en om uit te brand.

Dié tegnieke werk egter nie ten opsigte van kubersatelliete nie omdat hulle te lig is en eeue kan neem om te val. Met dié remmende seile word die terugvaltyd na enkele jare verminder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paul ·

Dit moet ʼn “kubussatelliet” wees, nie “kubersatelliet” nie.
Dit gaan hier oor die gewilde “CubeSat”-ontwerpe waar bykans enigiemand ʼn klein, kubusvormige satellietjie kan maak en laat opstuur ruimte toe.
Wat sou ʼn “kuber”-satelliet wees? ʼn Satelliet wat om die internet wentel?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.