Afgevaardigdes van die Square Kilometre Array (SKA), ʼn groot multi-radioteleskoopprojek wat in Australië en Suid-Afrika gebou sal word, het tydens die minister van Wetenskap en Tegnologie, Naledi Pandor, se begrotingstoespraak in die parlement verskeie unieke foto’s aan haar oorhandig wat deur die MeerKAT se bestaande 32 antennas geneem is.
Pandor het Dinsdag ʼn uitstalling by die Iziko-museum in Kaapstad besoek, waar SKA saam met ander uitstallers van hul projekte uitgestal het.
Die minister het dié uitstalling besoek voordat sy die begrotingsrede in die parlement gelewer het.
Onder die foto’s is die eerste radiobeeld van ’n spiraalgalaksie waarvan die sigbare lig- en radiogolwe die galaksie (sterrestelsel) 230 miljoen jaar gelede verlaat het om die aarde nou reeds te bereik het.
Pandor het ook aangekondig dat R693 miljoen uit die Nasionale Navorsings-, Ontwikkelings- en Ondersteuningsprogram aan die Nasionale Navorsingstigting oorgedra gaan word om te verseker dat MeerKAT as hoogste prioriteit voltooi word.
Die eindplan is dat MeerKAT deel van die SKA sal wees.
Genade Maroela, bestaan daar woor soos “galaksie”? Is sterrestelsel nie eerder beter nie? Sjoe, praat van ‘n anglisisme!
Dagsê Henno,
Dankie vir jou navraag. Volgens die sesde weergawe van die HAT is beide ‘galaksie’ en ‘sterrestelse’ gepastse woorde om te gbruik. Dit is dus nie verkeerdelik in hierdie berig gebruik nie.
Groetnis
Janie nms. Maroela Media
Dankie Maroela, so leer ek ook. Maar “Galaksie” bly nare woord vir my en is maar direkte anglisisme, ongeag of dit nou in HAT is. Ek hou maar by mooi afrikaans “sterrestelsel”.
Henno – Ek stem. Ons agterente het gereeld gebrand oor die sogenaamde anglisismes. “Galaksie” sou beslis ‘n reaksie ontlok het.
Net ‘n ander vraag; waaroor was slegs Engelse uitdrukkings so verkeerd? Anglisismes. Ek kan nie onthou dat daar dieselfde weersin teenoor ander ander tale se uitdrukkings was nie. Is dit maar ‘n nadraai van die Boere Oorloë?