Só lyk Elon Musk se planne vir Mars

Elon Musk (Space X)

Elon Musk (Space X)

Dit is die Suid-Afrikaans-gebore baas van Space X, Elon Musk, se ideaal om teen 2024 mense na Mars te stuur, maar dit is nie sy einddoel nie. Hy wil uiteindelik ook ’n selfonderhoudende stad op die Rooi Planeet vestig.

Musk het onlangs sy planne geskets om bemande reise na Mars moontlik te maak. Die planne hang grootliks af daarvan of sy reuse vuurpyl, die Falcon Heavy, suksesvol gedurende die noordelike herfs gelanseer kan word. Die Falcon Heavy kan dubbeld die vrag van sy naaste teenstander teen slegs ’n derde van die koste dra.

Teen 2018 wil Musk ’n Falcon Heavy wat ’n Dragon-ruimtetuig met instrumente dra, na Mars stuur.

Teen 2020 wil hy twee Falcon Heavy’s, toegerus met die Dragon-ruimtetuig, na Mars te lanseer. Dit sal ook nog net vrag, soos eksperimente dra. Musk verduidelik hy wil ’n veilige en betroubare vragroete na Mars skep.

Hy gee toe dat die aanvanklike bemande sendings na Mars baie gevaarlik sal wees, en dat dit waarskynlik is dat mense sal sterf. Uiteindelik sal reise na Mars egter veilig en baie gerieflik wees.

Lees meer: Washington Post, CS Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

vermeende ·

Yes, skuif dan die hele ANC, DA en EFF daarheen dan kan die res van ons hier in harmonie lewe.

E.K. ·

Vermeende – maar veral al die internettrolle moet saamskuif.

Adoons ·

En as ons ‘n selfstandige stad in die Karoo wil vestig, dink die mense ons is gek…

Gemsbok ·

Die beste teengif vir die negatiewes is om hul verkeerd te bewys.

Hendrik ·

In vyf maande se tyd slaag SpaceX daarin om met reelmaat hulle eerste staduim weer terug te lank op die “drone” skip. Dit wys hulle leer vinnig en is baie dinamies. Ek dink die belangrikste is dat tegnologie moet ontwikkel al lyk dit of dit geldmors is. Een of ander tyd kom daar ‘n monster astoiet op die aarde af en dan kan tegnologie die aarde red. ‘n Rots wat onverwags verby die son kom kan jy niks aan doen nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.