Ster ‘verorber’ 15 aardgrootte planete

ʼn Kunstenaarvoorstelling van hoe Kronos die planete ‘verorber’ (Foto: Nasa)

Wetenskaplikes van die Princeton-universiteit in die VSA beweer hulle het nou uiteindelik uitgepluis waarom die chemiese samestelling van ʼn ster genaamd Kronos, soveel verskil van sy dubbelster-maat, Krios.

Astronome het voorheen gesê dit blyk asof Kronos verskeie elemente bevat wat in rotsvorming teenwoordig is – iets wat tot dusver nog nie verklaar kon word nie. Van die algemeenste elemente wat in die ster opgemerk is, is onder meer magnesium, aluminium, silikoon, yster, chroom en yttrium.

Ná ʼn deeglike navorsingsproses het navorsers nou met die afleiding vorendag gekom dat Kronos rotsagtige planete moes verslind het. ʼn Berekening het aan die lig gebring dat dit op ʼn massa soortgelyk aan 15 aardgrootte planete sou neerkom.

In die Griekse mitologie het die titan Kronos sy kinders verslind, wat Poseidon (beter bekend as Neptunus), Hades (Pluto) en drie dogters ingesluit het. Wetenskaplikes het dus besluit om dié ster na die mitologiese karakter te vernoem en die ander ster na sy minder bekende broer (Krios).

Kronos en Krios is sowat 350 ligjaar weg van die aarde en twee ligjare van mekaar. Hulle is sowat 4 miljard jaar oud.

Navorsing oor waarom die ster die planete “verslind” het, word nog afgehandel.

Bron: New Atlas

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Eish ·

4 miljard jaar oud. Verstommend dat hul dit kon bepaal sonder enige toetse.

Reinhardt ·

Sonder enige toetse? Is jy ernstig? Natuurlik was daar toetse gedoen, jy sal verbaas wees wat ‘n mens met wiskunde en fisika kan doen as jy weet hoe.

Cherokee ·

Eish, dat die ouderdom daarvan bepaal kon word oor ‘n afstand van 350 ligjare is nie vir my so vreemd nie. Dat een ster 15 planete so groot soos die aarde kon verslind, word ook aanvaar. En dat daar oor die afstand wat lig sal trek in 350 jaar, kan bereken word uit watse element die ster bestaan is steeds verstaanbaar; maar hoe die mens dit regkry om jam in ‘n toe blik kry…..!!!

Breytie ·

Cherokee, jy is baie, baie skerp! Dankie vir ‘n prettige wegleiding van gewigtige sake. En ja, die wetenskaplikes het waarskynlik nie die antwoord nie!

Cherokee ·

Hehaahee,,,, dankie Breytie, dat jy saam met my gelag het :-)

Eish ·

Nou ja, ek ek sal dit geweldig waardeer indien jul die blik kan help oopmaak deur die berekeningsmetodes ten einde die ouderdom te bepaal oor die afstand vir ons kan weergee, met n verduidelik in van terme. Ek het n spesmaas dat jul dalk dit net glo aangesien prof so en so dit sê en nie dit vir julself bewys het nie. Dit verander dan die situasie waaroor jul met soveel gesag praat, na politiek. Wetenskap is mos per definisie die herhaling van n eksperiment in dieselfde omstandighede wat jou dan keer op keer dieselfde resultaat moet gee.
Verder, net voor die maanlanding in die laat sestigs, het NASA wetenskaplikes die ruimtevaarders gemaan tot versigtig heidene aangesien die stof op die maan etlike meters diep sou wees vanweë die atmosfeer die die miljoene jare wat die maan oud was. Skokkend was dit slegs n paar sentimenter diep, volgens berekening in verhouding met ongeveer 7000 jaar.
Daar is etlike metodes van berekening van fossiel en rotse op aarde se ouderdom, deur die bank inkonsekwent en dus nie n wetenskap nie. Byvoorbeeld, koolstof 14 het n halfleeftyd van 5730 jaar en na 100 000 jaar is daar geen opspoorbare hoeveelheid oor nie. Nou hou op aarde, wanneer ons diamante, wat der miljoene jare gelede gevorm het, is daar uitsonderlik hoë vlakke van die element daarin teenwoordig?

Eish ·

Verskoon genadiglik die spelfoute
Versigtigheid, verduideliking van terme, en die miljoene jare, diamante toets.
Eish! Lyk my die blik is wraggies toe!

Gerda ·

Die wetenskaplikes dink hulle baie slim. Waar kom hul aan die miljard jare miljoene jare. Wetenskaplikes hou daarvan om in die rondte te praat. Mense glo te gou wat Aan hul opgedis word. Gaan lees jou 1933 of 1953 Bybelse vertaling. Al jou antwoorde is daarin.

Eish ·

Volgens Wikipedia word wetenskap as volg gedefinieër:
” Wetenskap verteenwoordig die gesamentlike uitdruklike kennis van die mensdom in terme van feite, verskynsels en wette wat ontwikkel is deur waarneming, eksperimentering en logiese redenering. Vandag word die wetenskaplike metode gesien as die standaardmetode vir wetenskap, wat klem lê op die noukeurige waarneming, eksperimentering, meting, wiskunde en herhaling. Om as wetenskap te kwalifiseer moet n versameling kennis telkens deur onafhanklike waarnemers herhaal kan word. Wanneer die wetenskaplike metode op hierdie manier toegepas word, is daar sprake van wetenskaplike navorsing en die mense wat die navorsing uitvoer, wetenskaplikes. Daar word dikwels onderskei tussen eksperimentele wetenskap ( die waarneming en toets in van kennis) en toegepas te wetenskap ( hoe wetenskap in die daaglikse lewe benut kan word).

n Wetenskaplike hipotese is n ingeligte raaiskoot rakende die karakter van iets, terwyl n wetenskaplike teorie n hipotese is wat deur herhaal de waarneming en meting bevestig is.”

Juis vanweè die aard van meting, dat toekomstige meting kan verskil, bly dit n hipotese.

Dus my liewe Apache, Cherokee en Sioux,
Die 4 miljard jaar, is dit n hipotese of n teorie, want die definisie sê wanneer jy beweer moet jy bewys deur meting?

Ter afsluiting dus, terwyl jul die jemblik so verwyt,
glo ek liefs dit wat bewys is deur profesie wat tot op die minuut waar geword het, die intelligente Ontwerper, Wetgewer en Lewegewer en Sy bewysde Woord. Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.