Stig nou reeds maanbasis – Europese ruimtebaas

Kunstenaarsvoorstelling van ‘n maanbasis

Kunstenaarsvoorstelling van ‘n maanbasis

Jan Woerner, die direkteur-generaal van die Europese Ruimte-agentskap, stel voor dat sonkragstasies sou gou moontlik op die maan opgerig moet word.

Die kragstasies en ’n bemande basis sal waarskynlik digby die maan se suidpool opgerig word. Daar is berge in die omgewing wat tussen 75 en 80 persent van die tyd aan sonlig blootgestel is, en daar is ook kraters waar die son nooit op die bodem skyn nie. Benewens waterys meen die wetenskaplikes ook dat daar ander ontginbare stowwe teenwoordig is. Een hiervan is helium 3, wat vir kragopwekking gebruik kan word. Daar word geraam dat 6,7 ton helium 3 genoeg elektrisiteit kan opwek om die VSA vir ’n jaar van krag te voorsien.

Verskeie faktore speel ’n rol om die maan se suidpool as die ideale plek te beskou waar ’n maandorp opgerig kan word. Na verwagting sal Rusland se Luna 7 in 2020 by die maan se suidpool land en met prospekteerwerk begin.

Lees meer: GMP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Therese ·

Die Heelal moet sidder by die gedagte dat die ‘menslike spesie’ in aantog is. Die sg. kroon van die skepping wil nou die res ook verwoes.

Die hoeveelheid plastiek in die oseane verdwerg al amper die visse daarin!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.