Die maan se baan om die aarde is effens ellipties en die maan het die afgelope jare steselmatig nader aan die aarde gekom, maar teen middel-November is die maan buitengewoon naby aan die aarde.
Ongelukkig beweeg volmaan op 14 November, wat dié nabye maan ’n sogenaamde supermaan maak, reeds om 15:52 oor Johannesburg en sal dit onmoontlik wees om dié maan in al sy glorie waar te neem. Dieselfde geld vir Kaapstad.
Die maan is wanneer dit op sy naaste aan die aarde is, sowat ’n derde groter as wanneer dit op sy verste is. Die grootteverskil wat die mens kan waarneem, is egter ʼn optiese illusie.
Die gemiddelde afstand tussen die aarde en die maan is 382 900 km, en die verste en naaste draaipunte om die aarde verskil sowat 50 000 km. Met sommige supermane kom die aarde egter nog nader, en op 14 November sal dit net 356 509 km van die aarde wees. Die tweede naaste wat die maan en die aarde onlangs aan mekaar was, was op 14 November verlede jaar op 356 877 km.
Die volgende keer wat die maan só na aan die aarde kom, is in 2034. Op 14 Desember sien ons die laaste, die vierde, supermaan van die jaar.
Die begrip supermaan word ook gebruik wanneer daar twee volmane in een kalendermaand voorkom – iets wat nie gereeld gebeur nie. Dié verskynsel word ʼn “blou maan” genoem, soos in die uitdrukking “once in a blue moon”.
Dankie Herman. Van kleinsaf is ek met die Maan gepla en met die skepping in die algemeen. Lekker dag!
Ja baie dankie jong,” you are never to old to learn”, nou weet ek ook waar daardie gesegde vandaan kom !
Vanaand is die maan sigbaar vanaf die aarde. Die laaste keer dat dit gebeur het, was gisteraand.
Maan moet weg bly nou nou word dit ook in SA gesteel
Hmm groot maan klein maan super maan blou maan, het al die hele lot gesien en dan vra mense hoe oud ek is. Dan andwoord ek “Lees en kyk meer geskiedenis en jy sal ook alles sien”.
My grootste dank is aan God wat sulke vermaak vir die aarde voorsien, wat kosteloos is en vir almal om waar te kan neem.