Swart gat spoeg ook uit

Sterrestelsel 5195 Foto: NASA/CXC/Univ of Texas/E.Schlegel et al; Optical: NASA/STScI

Sterrestelsel 5195 Foto: NASA/CXC/Univ of Texas/E.Schlegel et al; Optical: NASA/STScI

Wetenskaplikes verbonde aan Nasa se Chandra X-straalteleskoop het waargeneem hoe die gravitasiekolk in ’n klein sterrestelsel betreklik na-aan die Melkweg weer materiaal uitgespoeg het, byna soos iemand wat na ’n stewige maaltyd winde opbring.

Die sterrestelsel NGC 5195 wat sowat 36 miljoen ligjare van die aarde af is, is besig om met ’n ander sterrestelsel saam te smelt. Dit blyk dat die kragtige uitbarstings genoeg materiaal oplewer vir nuwe sterre om te vorm.

Foto: ’n Beeld van Galaksie 5195, foto: Nasa

Bron: NASA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Alki ·

Hoe groot en ongelooflik is God se heelal, ons mensebreine sal dit nooit alles kan bereken nie

Bushy Van Eck ·

Vir wat dit mag werd wees in n neutedop.
N swart Gat besit geen gravitasie krag nie. N swart gat is niks meer as n vakuum in die ruimte wat geen energie meer besit nie.
N groot son is soos n groot kompressor wat deur die kern reaksie van sy atome energie uirstoot in alle rigtings deur hoe densiteite van energie op te bou wat geleidelik afneem in n uitwaartse rigting.
Dit is dan ook die energie druk vlakke wat dan verantwoordelik is vir die planete se wentelbane in direk verhouding met die potensiele energie wat n planeet mag besit en as sulks die spesifieke wentelbaan sal bepaal.
Met die opbou van hoer drukstelsels van energie vlakke in n buitenwaartse rigting van so n son is dit dan ook vanselfsprekend dat so son mettertyd sal ophou funksioneer sodra dit nie meer oor genoeg energie beskik nie.
Dit is dan wanneer die buitenste drukvlakke van energie sal terugstoot na die middelpunt van die son wat ons dan ken as n super nova.
N super nova wat verander in n Swart Gat is niks anders as n leemte van energie met ander woorde n reuse vakuum wat nou letterlik als opsuig van die biutenste ruimte wat ons nou vertolk as gravitasie.
Dit is amper soos What goes up must come down of wat uitwaarts beweeg in alle rigtings moet weer tereugkeur sodra die omkeurpunt bereik word.
Daar is nie so iets soos gravitasie nie wat dan ook is hoekom die bestaan van n graviton nog nooit bewys kon word nie.
Dit is die uinste bestaan van swart gate wat verantwoordelik is vir die voortbestaan van als wat plaasvind in die heelal.
Swart Gate is ook die herwinnings siklisse van alle energie in die heelal en as sulks wat die proses aan die gang hou.
Alle material soos planete wat opgesuig word, word dan letterlik uit mekaar getrek deur die omskakeling van potensiele energie na kinetiese energie tot n punt waar dit die spoed van lig bereik wat dan geen massa meer besit nie maar basies net kinetiese energie nou in die vorm van die spektrum.
Wanneer die energie nou in die middle van die swart gat bots veroorsaak dit Quasars wat energie uitspoeg na die buiutenste ruimte en die hele proses begin van voor.

Paul ·

Dis nie korrek nie.
‘n Swart gat is juis per definisie ‘n voorwerp met so ‘n ongelooflike digtheid dat die gravitasiekrag daarvan uiters sterk is.

Ek dink ook die artikel is nie korrek nie. Dis nie materie wat weer deur die swart gat “uitgespoeg” is nadat dit verby die “event horizon” beweeg het nie, maar juis ligflitse (nie ongewoon nie, daar’s voorheen al x-strale en gamma-strale gesien vanaf swart gate) wat voorgebring word deur die x-strale wat voorgebring word deur die materie wat oor die “event horizon” beweeg, wat dan die oorblywende materie buite die “event horizon” verhit. Sover ek kan vasstel uit dit wat die wetenskaplikes nou vrygestel het, dui hulle nie aan dat materie wat reeds oor die “event horizon” van ‘n swart gat beweeg het, weer kan terugbeweeg nie.

Adriaan ·

‘n Swartgat is die produk van ‘n supernova. ‘n Supernova is basies ‘n ster wat ontplof het. Wat gebeur is dat ‘n ster op ‘n stadium ‘n rooireus word. Vir ‘n ruk word hy kleiner en blaas sy outer shell uit in die buitenste ruimte. Die ster het nog sy oorspronlikke massa maar nie die volume nie. Hy het ‘n kleiner volume. So hy is baie digter. ‘n Neutronster is die digste ster van alle sterre ( Neutronster is die produk van ‘n super nova). En ook die laaste fase voor ‘n swartgat. ‘n Swartgat is dan die ultimate fase wat digtheid aanbetref. Ek meld net dat sterre deur verskillende fases gaan. Eers ‘n geeldwerg, dan ‘n rooireus etc. ( Nie presies seker hoeveel fases en watter orde). Wit dwerg en dan supernova van die laaste fases. ‘n Swartgat is die ultimate in massa. Dit is so swaar dat dit selfs lig kan aantrek, dis hoekom dit swart is ( Swart lig word ook geabsorbeer). ‘n Swartgat se digtheid is groter as enige ander liggaam in die heelal, selfs as ‘n neutronster.

Jubba ·

Swart gat of nie, mens begin nie n sin met n hoofletter N nie. Fokus!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.