Tekens van lewe in ruimte binne tien jaar gevind

Grafika: NASA

Grafika: NASA

Die mensdom sal binne tien jaar konkrete tekens van lewe soos ons dit ken in die ruimte vind, voorspel Nasa se hoofwetenskaplike, Ellen Stofan. Stofan het voorts voorspel dat besliste bewyse van lewe binne 20 tot 30 jaar gevind sal word.

Sy meen dat die wetenskaplikes reeds oor die middele beskik om lewe in die ruimte te soek, en dat dit nou geïmplementeer word.

“Ons is beslis op pad,” sê Stofan.

Die stellings het gekom in ’n paneelbespreking oor Nasa se program om lewensvatbare habitatte in die ruimte te vind, asook lewe in die buitenste ruim.

Dit is een ding om plekke in die heelal te vind wat lewe sal kan onderhou, maar dis ’n heel ander saak om die lewe self te vind.

’n Deel van die ondersoek handel daaroor om lewe in ons eie sonnestelsel te vind, soos op een van die ysige mane in ons sonnestelsel, of op die planeet Mars. Die ander is om lewe op een van die ekosoplanete te vind.

Verskeie metodes word reeds aangewend, of staan op die punt van om in gebruik geneem te word. Een van die metodes is die James Webb-ruimteteleskoop wat in staat sal wees om die atmosfere van aardtipe eksoplante vir “vingerafdrukke” van lewe te vind. Dié teleskoop word in 2018 gelanseer.

Die TESS (Transiting Exoplanet Survey Satellite) wat in 2017 gelanseer word sal weer sulke planete soek, wat bestudeer kan word.

Lees meer in Space.com  hier en hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Herman Toerien ·

Hi Hendrik, die soektog na intelligente lewe in die ruimte is ‘n heel ander proses, waar verskillende soort rdioeine die ruimte ingestuur word, en die ruimte terselfdertyd gemonitor word vir ingeval daar radio- of laserseine uit die ruimte hier aankom. Ons weet daar kan nie sulke lewe in ons sonnestelsel wees nie, en daarom word na ander sterre gekyk. Die naaste is meer as vier ligjare ver – sou daar by die naaste ster dus ‘n planeet met intelligente inwoners wees wat reeds die vlak van tegnologie bereik het om te reageer, sal die reaksie eers na meer as agt jaar wees. Maar gestel die planeet met intelligente lewe is 200 miljoen ligjaar weg, dan kom die reaksie eers na 400 jaar. Nie baie prakties nie.
Waarna in hierdie artikel verwys word is wat osn sonnestelsel betref hoogstens baie primitiewe lewe wat waarskynlik eensellig, of hoogstens uit ‘n paar selle bestaan. Intelligensiegewys kan hulle dus nie veel van soortgelyke lewe op aarde verskil nie. Wat planete by ander sterre betref, sal ons ook net die spore, soos die samestelling van die atmosfeer kan meet, met geen idee hoe gevorderd die lewe daar is nie.
Onthou net dat Jesus gesê het Hy het nog ander skape in ander krale. God het die heelal geskep, en daarom sou Hy ook in staat wees om intelligente lewe (met siele) elders te skep.

Shannon ·

Herman die onmiddellik opvallende is die gebruik van die woorde “I think ..”. Beide Ellen Stofan en Kevin Hand ‘dink’ dat ons lewe baie binnekort gaan ontdek. Maar dan is daar nie verdere motivering t.o.v. waarom hulle so dink nie. Daar is vir my twee aspekte rondom hierdie soort van media spekulasie sensasie waarmee ek ongemaklik voel – die een is die feit dat NASA pal moet geld soek by `n regering wat elke jaar meer en meer moet demonstreer hoe dit omgee vir die armsalige massas, en dus word spandering op goed soos NASA gesien as elitisme vir ryk man kinders wie hulle skool onderrig voltooi het. Die ander ding is die fenomeen van beroeps wetenskaplikes wie spesialiseer in een of ander niche – bv. Jeffery Newmark, “NASA’s interim director of heliophysics” .. Stephen Hawking – “Theoretical Physicist”, met ander woorde sy teorieë het nie kontrole of konkrete bewyse nodig nie.

Ek stry nie met hierdie individue nie, maar ek het so spesmaas dat indien hierdie Televisie Wetenskaplikes presies sou moes verduidelik oor die ‘hoe’ en ‘waarna’ dan kan hulle postulasies dalk so stadig maar seker sy dinges begin sien. ‘Waarom sê julle so ?’ .. “Want ons dink so”.

Ek self vermoed dat daar iewers binne of buite die verstaanbare Cosmos al meer as een vorm van ‘lewe’ bestaan of dalk al vergaan het. Die idee van toevallige ‘lewe’ wat oor en oor tot stand kom elke keer as die heelal in plof (indien `n ossilerende heelal `n feit is) moet ook oorweeg word.

Die tergende vraag bly egter : wat is dit ? wat is lewe ? Die Universiteit van WIKI vertel ons “life is the capacity for growth, reproduction, functional activity, and continual change preceding death”.
Ten minste een va hierdie kenmerke is nie van toepassing op bakterieë nie. My punt is – selfs al staar dit ons in die gesig, sal ons dit kan erken – as lewe, of moet die term ‘lewe’ aangepas word.

Ek dink die media behepte wetenskaplikes meer skade aanrig met hulle pers vrystellings as wat enige insiggewende bydrae het. Want ek kan jou belowe die enigste lewe wat ons binne 10 jaar gaan ontdek bloot die gevolge van Terrestriële besoedeling sal wees .. `n soort van Pan Spermia vanaf Moeder Aarde .. groen alge wat hand uit ruk oor die hele oppervlak van Mars a.g.v. die eerste ruimte vaarder se vuil plakkies. Trouens ek reken die soektog sal ná so 100 jaar of so stadig maar seker tot `n einde kom, na mate ons mooi besef net hoeveel ons nog moet leer. Ek admireer die entoesiasme van NASA maar hulle is vasgevang in die Hollywood Sindroom – waar bewyse gesoek word om hulle teorieë te ondersteun. Getrou aan die Amerikaanse mentaliteit word die res mis gekyk.

Ra ·

So “push” hulle die “HOAX ALIEN INVASION” propaganda..sodat die massas die vals messiah sal aanvaar wat kom..die een wat kastig die planeet ge”seed” het biljoene jare terug.Dis die enigste manier om die wereld populasie te kry om te val vir die New World Order se “One World Government”..wat saam die “One World Religion” en die “One World Currency”in almal se kele afgedruk gaan word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.