Tsunamipuin op Mars dui op waterryke verlede

Die “vingerafdruk-terrein” wat die tsunami agtergelaat het (JGR-Planets)

Reuse tsunami’s het waarskynlik drie miljard jaar gelede formasies op Mars, wat soos vingerafdrukke lyk, veroorsaak.

Dié ontdekking beteken daar moes ʼn see, wat ongeveer ʼn vyfde van die rooi planeet se oppervlak bedek het, bestaan het.

Volgens wetenskaplikes onder leiding van François Costard, is die tsunami’s waarskynlik veroorsaak toe ʼn asteroïde in die see op Mars geval en die Lomonosov-krater veroorsaak het. Dié krater is 70 kilometer in deursnee.

Die aanvanklike golf sou 300 meter hoog wees en teen 60 meter per sekonde na die kus beweeg het. Die puin strek tot 170 kilometer van die kus af.

Die bevindings is in die Journal of Geophysical Research – Planets gepubliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.