Tuig gaan lewe op Mars soek

ExoMars se tuig, Schiaparelli Foto: B. Bethge/ESA

ExoMars se tuig, Schiaparelli Foto: B. Bethge/ESA

Die Europese Ruimte-agentskap en Rusland het saamgespan om ‘n onbemande tuig na Mars te lanseer wat spesifiek na tekens van lewe op dié planeet gaan soek.

Die belangrikste deel van die ExoMars-sending is ’n tuig wat om Mars sal bly wentel om na spore van metaangas te soek. Metaangas word meestal deur organiese organismes afgegee, en die tuig het gesofistikeerde toerusting aan boord om die metaangas vir relevante koolstof-isotope te ondersoek wat die herkoms van die metaangas sal kan bepaal.

Die aandag word egter gefokus op ’n klein eksperimentele landingstuig, Schiaparelli, wat vir ’n paar uur ook eenvoudige wetenskaplike eksperimente sal uitvoer. Die hoofdoel van die landingstuig is om die tegnologie te toets om dit suksesvol op die Rooi Planeet te laat land.

Die samewerking tussen Rusland en die Europese Ruimte-agentskap is insiggewend. Rusland kon, ten spyte van meer as ’n dosyn probeerslae, nog nie daarin slaag om ’n tuig in ’n wentelbaan om Mars te plaas nie. Die Europese Ruimte-agentskap kon dit nog net een maal regkry.

Lees meer: CS Monitor en Extreme Tech

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johann ·

Middag Herman, die foto van die tuig lyk amper soos die skottelgoedmandjie in my kombuis! Jammer daaroor! Ek het gister Oom Herrie se kerrie misgeloop en my Maandag was bra misrabel hoor. Ek hoop jou gesondheid is ook al heelwat meer draaglik. Baie sterkte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.