‘Tweelingkomete’ skuur by aarde verby

'n Uitbeelding van die aarde met die maan se wentelbaan, met die bane van die twee komete Grafika: Nasa

‘n Uitbeelding van die aarde met die maan se wentelbaan, met die bane van die twee komete Grafika: Nasa

Twee komete, wat as ’n tweeling beskryf word, “skuur” dié week by die aarde verby. Die naaste komeet sal die derde naaste wees wat komete in menseheugenis by die aarde verbygevlieg het.

Die eerste, 252P/LINEAR, het gister verby die aarde geblits, en sy maat, P/2015 BA14, sal vandag verby ons skuur. Gelukkig is die “naby” in astronomiese sin, baie ver. Die eerste komeet sal sowat 5,5 miljoen kilometer van die aarde verbytrek, en sy maat 3,7 miljoen kilometer. Dis die naaste wat ‘n komeet in byna 250 jaar aan die aarde sou gekom het en die naaste vir minstens die volgende 150 jaar. Dis egter te ver om met die blote oog gesien te word, maar bied aan wetenskaplikes ’n unieke geleentheid om te probeer vasstel of die twee komete eens op ’n tyd net een komeet was.

252P/LINEAR is die groter van die twee en is ongeveer 250 meter in deursnee.

Lees meer: Fox en Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.